Sarie

’N DAG WAT BEGIN MET WAARDERING

-

Dis vandag 2 Junie, ons huwelikshe­rdenking. Dit is abnormaal koud in die Bosveld en my man bring vir my heerlike warm koffie met ’n handgeskre­we kaartjie in die bed.

Ek vat my tydskrif (SARIE, Maart 2013) en begin weer daardeur blaai. Ek lees Helenè Bester se gesels oor haar Anina (“Klein Anina, altyd met ons”). So openlik praat sy op ’n kalm manier van haar doodgebore dogtertjie, en ek weet onmiddelli­k, ek praat te min met ons seuns, Ruan in China en Tiaan in

Viëtnam. Ek vra dadelik nuwe foto’s en amper onmiddelli­k stuur hulle kiekies terug. Die mooiste foto’s, maar ook, sonder dat hulle dit besef, die grootste geskenk op hierdie spesiale dag vir my. ’n Simpel foto om hierdie twee wat nog lewe en gesond is, nog meer lief te kan hê en waardeer (is dit moontlik?).

My man vra of ek graag dorp toe wil gaan om

“ietsie te eet”, en ek weet my antwoord is, beslis ja. Aangesien die internetse­in so swak is, weet ek hierdie brief moet met iemand gedeel word (per e-pos) – my liewe vriendin SARIE wat met my praat deur ander se woorde, oor insig en dankbaarhe­id.

Nataniël sluit sy rubriek af met alles kan gedoen word, op sy eie tyd, ritme of skaamte.

Dankie, vriendin, hier waar mensvriend­inne ver van mekaar woon, vir

’n dag wat begin met volle waardering vir alles wat ons het.

Wilna Jacobs, Baltimore, Limpopo

Skryf aan SARIE, My sê tel, Posbus 1802, Kaapstad 8000, of stuur e-pos na: sarie@sarie.com. Nie meer as 300 woorde nie, maar ons behou die reg voor om briewe te verkort. Menings uitgespree­k in lesersbrie­we is nie noodwendig dié van SARIE nie. Ons plaas nie gedigte, briewe oor reünies of vermiste mense nie. Briewe (ook e-posbriewe) moet ’n volledige posadres, kontaknomm­er en volledige doopnaam bevat. Dit moet ook oorspronkl­ik wees en mag nie aan ander tydskrifte voorgelê word nie. En jy moet onderaan jou brief aandui: NET AAN SARIE GERIG.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa