Sarie

GROET DIE GROTMAN

-

Die vermoë om ’n gesig in ’n oogwink te “lees” het ons grot-voorvaders gehelp om iemand se aard en gedrag vinnig op te som. Dit help jou oordeel wie siek is, wie jy kan vertrou, met wie jy kan flirt en wie enige oomblik kan ontplof. En al is sulke blits-beoordelin­gs nie altyd reg nie, is dit té gereeld in die kol om te ignoreer.

“Ons raak almal rammetjie uitnek wanneer ons dink ons sal ’n teenstande­r kan klop. Maar buig die knie as ons reken ’n teenstande­r is beter as ons. Ons vermy ’n geveg wat ons waarskynli­k gaan verloor. Evolusie is ’n spel van oorlewing, dis dus die moeite werd om te weet wanneer om te veg en wanneer om te hol,” het prof. Anthony Little, ’n Britse sielkundig­e, aan die BBC gesê (bbc.com).

Nou is die vraag: Is voorkoms en gedrag gekoppel aan onderligge­nde biologiese dinge soos hormone? Of benader mense jou jou lewe lank op ’n sekere manier as gevolg van jou pragtige gesig, of aggressiew­e houding? En versterk dít dalk ’n sekere tipe gedrag? Die hoender-ofeier-vraag, dus.

’n Babagesig-seun, wit, middelklas en met ’n hoë IK, sal byvoorbeel­d met goeie punte opmaak vir die persepsie van ’n kinderlike intellek. Maar kom hy uit ’n arm gesin en kry swak punte, gaan hy waarskynli­k probeer vergoed met selfgelden­de, vyandige, dalk selfs misdadige gedrag. Soos Al Capone, die berugte boef en die onderwerp van ’n nuwe Netflix-prent,

Capone.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa