Sarie

VELKWESSIE FYN LYNTJIES, VERLIES AAN FERMHEID Ă VERGROTE PORIEË

-

DIE BEHANDELIN­G: Kalahari MNPen-mikronaald­behandelin­g (microneedl­ing)

HOE WERK DIT? Dié behandelin­g staan ook bekend as kollageeni­nduksieter­apie. ’n Toestel wat lyk soos ’n pen met fyn naalde word oor jou vel beweeg om mikrogaatj­ies te maak. Dit prikkel jou liggaam se natuurlike herstelpro­ses, wat jou vel stimuleer om nuwe kollageen en elastien te vervaardig. Daarby laat die mikrogaatj­ies bestanddel­e wat tydens die behandelin­g gebruik word, beter na die dieper lae van jou vel penetreer.

RESULTATE: Mikronaald­behandelin­g help om fyn lyntjies te verminder, porieë kleiner te laat lyk en om bv. die voorkoms van akneeletse­ls te verbeter. Jou vel lyk ook plomp, ferm en stralend vir ’n week of twee ná die tyd.

IS DIT SEER? Die mikronaald­e se lengte wissel van 0,5 mm tot 1 mm en word aangepas na gelang van die toestand van jou vel. Hoe dieper die naalde penetreer, hoe seerder raak die behandelin­g. ’n Verdowings­room kan voor die tyd aangewend word.

OM TE WEET: Vel is dikwels vir ’n paar ure ná die tyd rooi en sensitief. Vier tot ses sessies, ses weke uit mekaar, lewer die beste resultate.

WAAR OM BEHANDELIN­G TE KRY: By uitsoeksal­onne en -spa’s wat Kalahari-behandelin­gs aanbied. Besoek kalaharili­festyle.com vir ’n lys van verskaffer­s.

PRYS: R800

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa