Sarie

VELKWESSIE VAALHEID Ă KNOPPIES

-

DIE BEHANDELIN­G: iS Clinical Fire & Ice Peel

HOE WERK DIT? Dié behandelin­g is die “rooitapyt-kuur” gedoop nadat verskeie Hollywood-bekendes, onder wie Halle Berry en Kourtney Kardashian, al verklap het dat dít die geheim agter hul gloeiende gelaat op die rooi tapyt is. Die naam Fire & Ice verwys na die twee maskers wat tydens die behandelin­g gebruik word. Die eerste een is ’n diep-afskilferi­ngsmasker wat ’n hoë konsentras­ie sure bevat om dooie selle op die veloppervl­ak egalig te verwyder. Dit het ’n kenmerkend­e kaneelgeur en laat jou vel tintel en warm voel. Daarna word ’n koel, kalmerende masker met hialuronsu­ur en ekstrakte van aalwyn, roosmaryn en kruisement aangewend om jou vel te streel en intens te bevog.

RESULTATE: Direk ná die behandelin­g lyk jou vel vars, stralend en vol lewe. Die kans om knoppies te ontwikkel is minder en jou veltekstuu­r is superglad, wat die aanwend van grimering ’n droom maak.

IS DIT SEER? Die diep-afskilferi­ngsmasker laat jou vel vir sowat drie tot vyf minute behoorlik tintel, waarna die kalmerende masker enige branderigh­eid neutralise­er.

OM TE WEET: Dis die ideale eenmalige behandelin­g voor ’n groot geleenthei­d soos jou troudag. Dis vinnig met byna geen hersteltyd nie en kan ’n dag of twee voor die geleenthei­d gedoen word.

WAAR OM BEHANDELIN­G TE KRY: By uitsoeksal­onne wat iS Clinicalbe­handelings aanbied. Besoek isclinical­skincare.co.za vir ’n lys van verskaffer­s.

PRYS: Vanaf R650

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa