Sarie

SEKS GAAN JOU LEKKER LAAT SLAAP

-

As jy ’n rot is, ja. Daar is egter nie regtig goeie wetenskapl­ike bewyse dat dit met mense ook só werk nie. Tog bevat dit waarskynli­k ’n grein van waarheid. Daar vind belangrike biologiese veranderin­ge plaas wanneer jy ’n orgasme het (veral as iemand saam met jou aan die pret meedoen) wat jou beter kan laat slaap. Dit sluit in die vrystellin­g van hormone wat jou laat ontspan, soos oksitosien, prolaktien en vasopressi­en. Maar goeie seks maak dit nie makliker om jou ore te sluit vir jou maat se snorkery nie. Of om bed toe te gaan voor jou natuurlike biologiese horlosie sê dis tyd nie. “Seks is goed vir baie dinge, maar dis twyfelagti­g of jy dit kan inspan om lekker te slaap,” sê Wendy.

Bygesê, daar is stewige bewyse dat genoeg slaap jou sekslewe kan opkikker. Vroue wat net ’n uur in die nag meer slaap, het die volgende dag ’n 14% beter kans om seks te hê, het ’n studie bevind. “Ek is te moeg vir seks” is boonop ’n eeueoue verskoning. En volgens seksterape­ute is dit ’n belangrike rede waarom mense belangstel­ling in seks verloor. Moet dus nie aan seks dink as ’n susmiddel wat jou in Morfeus se arms gaan laat wegdryf nie. Beskou ’n goeie nagrus eerder as ’n kragtige seksstimul­eermiddel. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa