Sarie

UILE EN LEWERIKE KAN NIE ’N NES DEEL

-

Soort soek soort, nè? Dus sal naguile wat die middernago­lie brand, beter oor die weg kom. En só ook lewerike wat met die eerste sonstrale vrolik wegspring. Tog kan diegene weerskante van die sirkadiese spektrum ook ’n nes in vrede deel. Ja, al het studies bevind sulke paartjies het meer verhouding­sprobleme. Daar is meer konflik, meer ongelukkig­heid met die verhouding en groter uitdagings met intimiteit. Wat die studies egter nie kon beantwoord nie, is of die verskille in jul oggend-aand-voorkeure die ellende veroorsaak het. En of jul skedules verskil juis omdat julle mekaar probeer vermy.

Feit is, wanneer uile en lewerike in een nessie goeie probleemop­lossingsva­ardighede het, is die gevaar vir verhouding­sprobleme nie groter nie, volgens Wendy. Dis nou teenoor paartjies wie se slaap- en opstaantyd meer gesinchron­iseer is. As julle dus goed gekonfyt is om probleme saam op te los, kan julle jul verskille deurtrap en ’n kompromis bereik. Mos ’n belangrike ding in alle gesonde en gelukkige verhouding­s.

Vergeet van julself dwing om dieselfde tyd te gaan slaap as net een vaak is, is haar raad. Julle kan steeds die intimiteit deel van saam lepellê. Wanneer die lewerikie slaap, kan haar uil opstaan. En terugkeer bed toe wanneer dit hom pas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa