Sarie

MOENIE KWAAD BED TOE GAAN NIE

-

Dis nie so eenvoudig nie en die regte gesegde is dalk eerder: Moenie baklei voor julle bed toe gaan nie. Want baie probleme waarvoor julle te staan kom – geld, kinders, skoonfamil­ie, ensovoorts – kan nie gerieflik voor slaaptyd ontknoop word nie. En dis ook nie nou die regte tyd om dit te probeer doen nie. Hoe vaker ons is, hoe slegter ons bui, kommunikas­ievaardigh­ede en probleemop­lossingsve­rmoë. Alles belangrike dinge om die lug te suiwer. Kies dus jou veldslae en die tyd daarvoor wys. Los die moeilike gesprekke totdat julle albei uitgerus is en kan kophou. Spring julle voor bedtoegaan­tyd aanmekaar, gaan albei die hele nag rondrol.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa