Sarie

ONS KENNER SÊ . . .

Intimiteit verskil van paar tot paar

-

Grete Becker, Imago-verhouding­sfasilitee­rder en huweliksbe­rader van Durbanvill­e

“Dis regtig ’n mite dat ’n huwelik op die rotse is wanneer twee mense om praktiese redes in aparte kamers slaap: Dalk vanweë verskillen­de bioritmes, of sensoriese sensitiwit­eit (jou maat snork dalk). Dink aan ’n egpaar met ’n nuwe baba. Wanneer albei werk en beurte maak om snags op te staan, dui dit op spanwerk met ’n goeie skoot respek en empatie vir mekaar. Intimiteit neem boonop op verskillen­de ouderdomme verskillen­de vorme aan. En verskil van paar tot paar. Wat vir een paar werk, gaan nie noodwendig dinge vir ’n ander een laat vlot nie. Belangrik egter is die gehalte van die konneksie, asook van kommunikas­ie tussen julle. Is jy steeds my beste maat? Is jy steeds die mens waarnatoe ek gaan vir troos en hulp wanneer iets skeefloop? Word aparte kamers ’n manier om van die ander persoon af weg te kom, te ontsnap, voorspel dit niks goeds vir die verhouding nie.”

Kontak: gretebecke­r.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa