Sarie

’N GESNORK IS NET ’N ERGERNIS

-

Wéét as jy hom met ’n kussing versmoor, gaan die hof dit nie as versagtend­e omstandigh­ede beskou nie. Maar die snorkery kan wél sy einde verhaas: Dis ’n simptoom van obstruktie­we slaapapnee wat met ’n rits gesondheid­sgevare verbind word. Soos ’n groter risiko vir hartsiekte, beroerte en ja, motorongel­ukke. Die arme bedmaat van die snorker se kans is boonop drie keer groter om aan slaaploosh­eid te ly as mense wie se maat nie balke saag nie. As jy snork, doen dus jouself en jou maat ’n guns: Klop aan by ’n slaapdokte­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa