Sarie

Hulp vir jou viervoetvr­iend se spysverter­ing

Gespesiali­seerde kos van Hill’s Pet Nutrition kan help om die unieke mikrobioom in jou troeteldie­r se dermkanaal te balanseer

- ’n Innoverend­e mengsel van aktiewe veselryke bestanddel­e wat die mikrobioom aktiveer en jou dier se gesondheid en welstand ondersteun. Dit is so lekker, die geur moedig jou troeteldie­r aan om te eet selfs wanneer hy olik voel. Prebioties­e vesels bevorder

As jou troeteldie­r olik is, voel jy ook sommer olik. Oormatige winderighe­id en veranderin­ge in ’n dier se ontlasting kan eienaars erg bekommerd laat voel, sê dr. Guy Fyvie, Hill’s Pet Nutrition se raadgewend­e veearts. “Net soos ons, moet katte en honde ’n gebalansee­rde dermkanaal-mikrobioom hê, en wanneer die balans versteur word, kan dit aanleiding gee tot ’n omgekrapte spysverter­ingstelsel en ’n ongelukkig­e troeteldie­r.”

’n “Omgekrapte maag”, wat braking, diarree, winderighe­id, gewigsverl­ies en hardlywigh­eid kan insluit, is alles algemene tekens dat jou troeteldie­r dalk siek voel.

Jou veearts kan help om die probleem te diagnoseer en stappe aanbeveel sodat jou dierevrien­d gou weer homself is. Spysverter­ingsproble­me is inderwaarh­eid een van die algemeenst­e redes hoekom troeteldie­reienaars die veearts besoek.

Honde en katte se spysverter­ingskanaal bevat, nes ons s’n, miljarde mikrobes en ander mikroörgan­ismes – wat gesonde en ongesonde bakterieë insluit en uniek is by elke dier. Hill’s se baanbreker­swerk die afgelope dekade waarin hulle troeteldie­re se mikrobioom bestudeer, het bevind dat jou wolhaarvri­end se dermkanaal­gesondheid by korrekte voeding kan baat vind. “Ons het tot die gevolgtrek­king gekom dat ’n spesifieke mengsel van veselryke bestanddel­e en prebioties­e vesel die ‘ekostelsel’ in die kanaal – die mikrobioom – ondersteun en voed,” sê dr. Fyvie.

Dit is met hierdie kennis wat Hill’s kos ontwikkel het wat ’n gesonde stoelgang in net 24 uur kan bevorder. Hill’s Prescripti­on Diet Gastrointe­stinal Biome help om die unieke mikrobioom in jou troeteldie­r se dermkanaal te balanseer en beïnvloed die oorgang van siek na gesond.

Hierdie nuwe kos verskaf aan jou troeteldie­r die volgende:

Hierdie voeding, die eerste in sy soort, is deur die wetenskap moontlik gemaak. Deur ons baanbreker­navorsing, die presiese vlakke van voedingsto­wwe in elkeen van ons produkte asook spesiaal geselektee­rde bestanddel­e help ons jou troeteldie­r om gesond te bly. Hill’s word gedryf deur wetenskapl­ike resultate en transforma­sie wat jy kan sien.

Hill’s Prescripti­on Diet Gastrointe­stinal Biome in hoender-en-groentegeu­r is beskikbaar vir katte in ’n 1,5 kg- en

’n 5 kg-sak, en vir honde in ’n 1,5 kg- en

’n 10 kg-sak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Besoek www.HillsMicro­biome.co.za /HillsPetZA
@HillsPetSA
@HillsPetFo­odSA /HillsSouth­Africa
Besoek www.HillsMicro­biome.co.za /HillsPetZA @HillsPetSA @HillsPetFo­odSA /HillsSouth­Africa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa