Sarie

Musings Pieter Mathews en span (Protea Boekhuis, R350)

- Phyllis Green

Argitektuu­r is ’n konkrete erfenis, ’n aanduiding van tydsgees en kultuur vir die nageslag, máár goeie ontwerp moet die toets van tyd deurstaan. Dié boek bekyk uiteenlope­nde projekte van die afgelope 20 jaar wat deur die span van Mathews and Associates Architects ontwerp is. Pieter Mathews glo “a brick in a poetically designed building costs exactly the same as one in a mundane building”. Dié visie is die belangriks­te in elke nuwe projek. Of dit ’n woonhuis, openbare gebou, kunsgalery, opvoedkund­ige instansie, tolhek, bushalte of brug is, alles moet voldoen aan die beginsels van kostedoelt­reffende en goeie ontwerp. Openbare kunswerke van die land se voorste kunstenaar­s vorm deel van bushaltes in Pretoria se A Re Yeng-snelbusdie­ns en gee pendel ’n kulturele baadjie. Verbouings en nuwe geboue by die Afrikaanse Hoër Meisieskoo­l in Pretoria vorm ’n naatlose skakel tussen die hede en die verlede. Wat ’n insiggewen­de terugblik op hoe argitektuu­r die landskap beïnvloed.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa