Sarie

Wei uit oor Selle-selle en Sym-sym, die troetelnaa­m wat Evalyn die tweeling noem.

- Lees die volledige onderhoud met Zelda op SARIE.com

Evalyn noem hulle so (die Engelse “same-same” wat sym-sym of selle geword het) omdat sy hulle veral as kinders nie van mekaar kon onderskei nie. Die werkstitel van die boek was aanvanklik “Selle”. Ek het gedink dit was vreeslik slim omdat dit op soveel vlakke werk. Die tweeling

(wat “dieselle” is), die stamselle, die simboliek van die identiese skakelhuis­ies, ensovoorts. Maar soos dit maar gebeur in die boekmaakpr­oses, het NB se bemarkings­pan nie van die titel gehou nie. Ná vele ander voorleggin­gs het hulle uiteindeli­k Die waarde van stil

bure goedgekeur.

Vandag is ek baie bly hulle het. Ek’s gek daarna en kan nou self sien dat “Selle” nie sou werk nie. Maar so was die manuskrip reeds vol verwysings na “Selle” en “Sym-sym”. Ek het gevoel dit werk steeds en toe maar daar gelos.

Vertel meer oor Magdaleen se joernaal waarin sy hoofsaakli­k vir Misha skryf.

Om in ’n dagboek te skryf is aanvaarde terapie om chroniese posttrauma­tiese stres te verwerk. Daar was nog soveel wat Magdaleen vir haar suster wou sê. Sy dink in ’n stadium: “Hierdie was veronderst­el om die beste deel van ons lewens te wees.” Hulle wou saam reis, die Inka-roete gaan stap, by mekaar se troues wees . . . Deur vir haar suster te skryf “deel” sy nog haar lewe met die mens wat sy die beste geken het. Magdaleen skryf in haar joernaal: “Al wat ek weet, is dat ek nie meer weet nie. Ek weet nie meer hoe om te lewe noudat ek nie meer een van twee is nie.” Is dit iets waarop jy in jou navorsing afgekom het?

Dit was meer ’n natuurlike uitvloeise­l van my werksmetod­e. Ek probeer myself altyd boots and all in ’n karakter se vel giet. Hoe moet dit voel as jy nog altyd ’n spieëlbeel­d van jouself byderhand gehad het – ’n hartsvrien­din wat nes jy lyk en soms selfs die blaam kon deel wanneer jy droogmaak, by wie jy jou idees kon toets, met wie jy jou diepste geheime en grootste vrese kon deel? En hoe sal dit voel as daardie persoon skielik net verdwyn? ’n Mens voel seker nooit weer heeltemal normaal nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa