Sarie

Hoe het jy jou hoofkarakt­er, Magdaleen, en haar suster geskep?

-

Dekades gelede het ek iemand geken wat haar identiese tweelingsu­ster verloor het toe hulle maar 28 was. Die jong vrou se diep hartseer en amper roekelose gedrag in die tyd kort ná haar verlies het my nog al die jare bygebly. Maar Magdaleen se karakter, en die manier waarop sy in die boek optree, is natuurlik heeltemal fiktief.

Tweelinge is fassineren­d! Identiese sibbe wat net ná geboorte geskei en deur verskillen­de mense aangeneem is, ontmoet mekaar jare later en vind byvoorbeel­d uit dat hulle hul honde dieselfde naam gegee het. Of dat dieselfde tande op dieselfde tyd gaatjies gekry het. Kyk gerus na die Netflix-dokumentêr Three Identical

Strangers. Jou mond sal oophang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa