Sarie

GEBRAAIDE FILET MET GROENSOUS EN KRUMMELS

- Goeie vleis vra niks meer as sout en peper wanneer jy dit braai nie. Laat die sous die praatwerk doen.

genoeg vir 6

GROENSOUS

6 takkies roosmaryn, stingels verwyder hand vol mentblare

100 ml olyfolie

50 g parmesaank­aas, gerasper 100 g pekanneute sout en varsgemaal­de swartpeper

KRUMMELS

6 croissants, in stukke gesny

VLEIS

1 groot beesfilet (sowat 600 g) 60 ml olyfolie

Groensous Plaas al die bestanddel­e vir die sous in voedselver­werker en pols by hoë spoed tot glad. Geur goed met sout en peper. Verhit oond tot 180 °C. Plaas croissants op bakplaat en bak vir 10 minute tot uitgedroog. Maak fyn in voedselver­werker.

Vleis Verhit riffelpan tot vuurwarm sodat rook letterlik uit die pan trek. Smeer filet met olyfolie en geur goed met sout en peper. Braai 2-3 minute per kant vir mediumgaar of langer as jy jou vleis gaarder verkies. Haal vleis uit pan en laat rus 2 minute sodat vleissap kan ontspan. Sny in skywe en sit voor met groensous en ’n strooisel krummels vir ekstra tekstuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa