Sarie

Kuberkuier: Portland, VSA

Woude, vulkaniese berge, riviere en woestynagt­ige dele omring Portland waar Duncan Cremer en sy gesin die afgelope ses jaar bly. Boetiekbie­r, kostrokke en road trips is hier baie gewild

- DEUR LIESEL PIENAAR

Wat het jou na Amerika gelok?

Ek was in 2005 vir ses maande in Noord-Carolina as uitruilstu­dent. Saam met ’n paar ander Suid-Afrikaners het ek die wêreld platgetoer en dit baie geniet, maar nooit oorweeg om langer te bly nie. Vyf jaar later het ek vir ’n internasio­nale maatskappy met sy hoofkantoo­r in Oregon, in die noordweste van die VSA, begin werk. Die eerste paar jaar het ek gereeld vir werk Portland toe gekom en al hoe meer van die area begin hou.

Ek en my vrou, Suné, het altyd gedink dat dit ’n wonderlike avontuur vir ons en ons drie dogters sal wees om vir ’n paar jaar oorsee te gaan bly, maar nie die idee baie ernstig nagejaag nie. In 2015 het ons bekende wêreld in Pretoria in ’n oogwink verander toe ek die geleenthei­d kry om vir twee jaar in

Portland te kom werk en ons besluit om die avontuur aan te pak. Dit was amper ses jaar gelede.

Die area om Portland is ongeloofli­k mooi met woude, vulkaniese berge, die kuslyn (wat tog nie met SA s’n vergelyk kan word nie!) en woestynagt­ige dele.

Wat doen jy?

Ek werk in Nike se afdeling vir geïntegree­rde sakebeplan­ning in ’n deel van die organisasi­e wat met LatynsAmer­ika, dele van Asië en die Stille Oseaan-eilande skakel. Ons fokus op risikobest­uur en die belyning van verskillen­de beplanning­safdelings in die maatskappy. Ek werk saam met mense van reg oor die wêreld, wat die ervaring nogal uniek maak. Die afgelope jaar was dit veral interessan­t om te sien hoe verskillen­de lande, kulture en ekonomieë Covid probeer uitfigure het.

Amerika is bekend vir geleenthed­e en groot drome, nie waar nie?

Jy kan amper sê dat dit die nasionale etos van Amerika is en gegrond in die ideale van demokrasie, regte, vryheid, geleenthed­e en gelykheid. Hierdie ideale sluit natuurlik die beginsel in dat vryheid kan lei tot voorspoed en dat sukses en opwaartse mobiliteit bereik kan word deur harde werk. Baie opvallend is hoe patrioties die Amerikaner­s is. Ten spyte daarvan dat hulle ’n diverse lot is wat oor ’n baie groot geografies­e gebied versprei is, is hulle grotendeel­s ’n nasie wat trots is op hul vlag, volkslied, land en wat hulle vermag het. Jaarliks op 4 Julie word elke Amerikaans­e vlag uitgestal, parades gehou en ’n massiewe hoeveelhei­d vuurwerk geskiet ter viering van hul onafhankli­kheid.

Vertel meer van die unieke vlag van Oregon.

Ja, miskien nie die mooiste vlag nie, maar beslis uniek en nou die enigste vlag van al die state met twee verskillen­de kante. Die een kant is blou-en-geel met die seël van Oregon daarop, omring deur 33 sterre. Die sterre verteenwoo­rdig die feit dat Oregon die 33ste staat van die Verenigde State van Amerika geword het toe dit in 1895 ingelyf is. Aan die ander kant, ook blou-en-geel, is ’n bewer – die amptelike dier van Oregon.

Hoe groot is Amerikaner­s se persoonlik­hede regtig?

Hier is so baie van hulle, dat jy regtig iets van alles kry. Hier en daar kom jy wel die “tipiese Amerikaner” teë, maar dit klink asof die “groter persoonlik­hede” meer aan die oostekant van Amerika, soos in New York en Boston, bly.

Oor die algemeen is die mense baie vriendelik, ontvanklik en belangstel­lend, veral as hulle hoor jy kom van elders. Vreemdelin­ge sal sommer met mekaar gesels terwyl hulle in ’n winkel in

’n tou staan en wag of langs mekaar by kinders se sportwedst­ryde staan. Ons Suid-Afrikaanse aksente word gereeld uitgeken, wat nogal verstommen­d is en dalk ook ’n aanduiding van hoe wyd ons klein nasie oor die wêreld versprei is.

Enige struikelbl­okke wat julle ondervind het?

Met drie klein kinders het ons in die begin die ondersteun­ingsnetwer­k van familie en vriende baie gemis. Omdat ek heelwat vir werk hierheen gekom het, dit ’n Westerse kultuur en meestal Engelsspre­kend is en jy al so baie daarvan op televisie en in rolprente gesien het, voel dit nie so vreemd nie. >

 ??  ??
 ??  ?? Duncan Cremer
Duncan Cremer
 ??  ?? HOOFFOTO Portland se kersiebloe­isels in die lente. 1. Die gesin tydens hul gletsertoe­r van Alaska. 2. Douvoordag op ’n vulkaniese berg op die eiland Maui, Hawaii. 3. Grysbeer (grizzly) afgeneem in Alaska. 4. Een van 12 brûe oor Portland se Willamette-rivier. 5. Mia op haar fiets in die pragtige Forest Park net buite Portland. 6. Stap langs die Deschutesr­ivier tydens ’n onlangse road trip in Oregon. 7. Hysstoele neem jou na die piek van Mount Hood buite Portland. 7
HOOFFOTO Portland se kersiebloe­isels in die lente. 1. Die gesin tydens hul gletsertoe­r van Alaska. 2. Douvoordag op ’n vulkaniese berg op die eiland Maui, Hawaii. 3. Grysbeer (grizzly) afgeneem in Alaska. 4. Een van 12 brûe oor Portland se Willamette-rivier. 5. Mia op haar fiets in die pragtige Forest Park net buite Portland. 6. Stap langs die Deschutesr­ivier tydens ’n onlangse road trip in Oregon. 7. Hysstoele neem jou na die piek van Mount Hood buite Portland. 7
 ??  ??
 ??  ?? 4 6 5
4 6 5
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 1
1
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa