Sarie

Etiket: Dít vra jy nooit, sê Nataniël en Amore

Vir ’n oomblik onseker of jy iets moet vra of sê wat moontlik ’n sensitiewe kwessie kan wees? Swyg eerder as om later verskoning te vra, sê Nataniël en Amore

- DEUR DELIA DU TOIT

Jy vra dalk vir iemand waar hulle hul mooi skoene gekoop het – dis dan ’n kompliment! Maar dan flits ’n ongemaklik­e uitdrukkin­g oor die persoon se gesig en jy wonder wat jy verkeerd gesê het. Of miskien het jy al iemand gelukgewen­s met hul swangerska­p, net om te hoor “Oe, nee, ek het so ’n bietjie gewig aangesit . . .” Dis baie maklik om ’n sosiale flater soos dié te begaan, selfs met die beste bedoelings.

Nataniël en omroeper Amore Bekker, wat ook voorheen saam ’n etiket-geselsprog­ram op RSG aangebied het, en Riandi Conradie, besturende direkteur van die Suid-Afrikaanse Etiket-akademie, verduideli­k hoekom jy liewer op jou tong moet byt as om dié etiketglip­se kwyt te raak . . .

Hoe oud is jy?

NATANIËL: Tensy jy ’n dokter of ’n regter is, is daar geen rede om dié vraag te vra nie. Nie in geselskap nie, nie oor ’n toonbank nie, en ook nie as ’n vorm ingevul word nie – loer na die ID-nommer en maak jou somme as jy moet. Dis maklik om iemand se ouderdom uit te vind, maar nie in ’n sosiale situasie nie. Baie mense is sensitief oor vele persoonlik­e besonderhe­de en om verskillen­de redes – sommige onnodig, ander weens trauma of hul persoonlik­e geskiedeni­s. Kunstenaar­s bo ’n sekere ouderdom word ook deesdae as oor die muur beskou; ander wat goed lyk, word verdink van operasies. Sekere mense is trots op hul ouderdom en verkondig dit graag, maar dit bly hul keuse.

AMORE: Ek weet weer nie hoekom mense so sensitief is hieroor nie, want ons almal raak ouer. Jy kan nie die ouderdom systap nie, maar ek verstaan ook dis deel van ons kultuur – hoe ouer jy is, hoe minder “tel” jy in die samelewing, al is dit absoluut nonsens. Beveg dit deur jou eie outentieke ritme te vind, kom weg van die hoofstroom en vind jou eie pad.

Wat verdien jy?

NATANIËL: Daar word kliphard en dikwels oor ander se welvaart of teëspoed geskinder. Mense wat kinders in private skole wil hou, se finansies lê deesdae op straat. Die rykste mense het die minste klere en ry met die goedkoopst­e motors, dit wéét ek baie goed. Ander leef uitspattig en, soos my ouma sou sê, soos ’n aap op ’n klerekas. Maar dis van geen belang en dis swak smaak om dié vraag te vra. Die woord “verdien” beskryf dikwels nie iemand se finansiële posisie nie, want daar is beleggings, erfporsies en stille projekte wat jou voete onder jou sal uitslaan. Hoe iemand jou hanteer, wat hulle bydra tot die wêreld en ander se geestestoe­stand, en hoeveel hulle jou inspireer of afstoot, dís al wat jy hoef te weet.

RIANDI: Net so is dit ook slegte maniere om byvoorbeel­d te sê: “Jy bly in ’n pragtige huis, hoeveel het dit gekos?” of “Ek is mal oor jou rok, dit was seker baie duur”. As jy vir iemand ’n kompliment gee, los dit net daar.

Wat is dit? (terwyl jy wys na ’n merk op iemand se lyf)

RIANDI: Respekteer mense genoeg om hulle nie “anders” te laat voel nie. Moet nooit ’n merk op iemand se liggaam uitwys nie, moenie vra hoe hulle ’n sekere litteken gekry het nie, en moenie vir iemand in ’n rolstoel vra wat die oorsaak was nie. Dis moontlik ’n seer storie wat die persoon nie noodwendig wil deel nie.

Hoekom is jy nog enkellopen­d?

NATANIËL: Honderd jaar gelede was dit ’n skande om ouer as twintig en ongetroud te wees. Vandag verkies baie mense om alleenlope­nd te wees – sommige verkies hul loopbaan bo ’n gesin of verbinteni­s, ander het nie lus vir die drama wat dikwels met ’n romanse gepaardgaa­n nie, nog ander kom uit ’n huis waar verhouding­s aaklig was en is te bang om die geskiedeni­s te herhaal. Dis ’n vervelige vraag en die antwoord “Ek het gewag vir jou!” word selde gegee. Iemand se persoonlik­e keuses is slegs jou besigheid as hy of sy dit eerste ophaal.

RIANDI: Moet ook nie vir ’n paartjie vra hoekom hulle nog nie getroud is nie. Dis hul private besluit.

Wanneer kom die baba?

RIANDI: Tensy iemand dit self aankondig, vermy eerder net dié en soortgelyk­e vrae – selfs al lyk iemand baie duidelik swanger. Moet ook nooit vir ’n swanger vrou vra of sy ’n tweeling verwag nie – sommige vroue voel reeds ongemaklik oor hulle “groot” dra.

Gaan jy nou regtig niks drink nie?

NATANIËL: Dié vraag en “Eet jy regtig nie vleis nie?” word so gereeld gevra en is so uitputtend. Nee en nee! Ek vra nie spesiale moeite nie, ook nie dat iets ekstra berei word nie, en al is dit soms hóé ondraaglik, gaan ek die gesprek nugter aandurf. Aanvaar net asseblief my of enigeen se dieetkeuse­s en -voorkeure met die eerste antwoord.

Hoekom het jy/julle nog nie kinders nie?

RIANDI: Hierdie vraag word so gereeld aan getroude paartjies en vroue van ’n sekere ouderdom gevra, en dit kan baie ongemaklik of selfs seer wees vir hulle. Ek het self vrugbaarhe­idsbehande­lings gehad voor my eerste kind gebore is. Dit was ’n baie moeilike tyd wat ons net met ons familie wou bespreek, maar soveel mense het dié vraag geopper. Baie mense kry vrugbaarhe­idsbehande­lings, ander kan nie kinders kry nie en party wil nie kinders hê nie – en dis hul private reis. So ook: “Wanneer is julle van plan om met ’n gesin te begin?” of “Opskud, julle wil nie té lank wag nie”. Los hierdie onderwerp eerder uit.

Hoekom is jy so maer?

AMORE: Baie mense is maer weens ’n siekte of stres – dieselfde redes hoekom ander mense weer oorgewig is. Sekere mense sit gewig aan weens spanning, ander verloor gewig. In Suid-Afrika moet ons ook sensitief wees vir verskillen­de kulture wat maer-wees as ’n teken van armoede beskou. RIANDI: Moet dit ook nie uitwys as iemand gewig aangesit het nie. “Ek het ’n wonderlike dieet wat jy moet probeer” of “Daai bloes lyk baie mooi aan jou noudat jy bietjie gewig verloor het” kan iemand baie ongemaklik laat voel.

KONTAK

Suid-Afrikaanse Etiket-akademie: etiquettea­cademysa.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa