Sarie

Pasop! Selfies verklap meer as wat jy dink

Met ’n glimlag of ’n frons kan jy aan ander sein hoe jy voel. Maar jou gesig dra ook van die eienskappe oor wat jou maak wie jy is. Jou selfies kan dus heelwat weggee, soos jou persoonlik­heid, gesondheid en selfs seksuele voorkeur

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE FOTO’S EN ILLUSTRASI­ES GETTY IMAGES/GALLO IMAGES

Die geskiedeni­s van die wetenskap kon so anders gewees het. Toe die jong Charles Darwin uitgenooi is om die kaptein van die Beagle as natuurkund­ige te vergesel, is hy

amper afgekeur: oor sy neus! Robert FitzRoy het aan fisiognomi­e geglo – die idee dat jy iemand se karakter uit sy voorkoms kan aflei. Vir sy vyf jaar lange skeepstog het hy ’n “energieke jong man” gesoek. En besluit iemand met so ’n “vlesige” neus kan nie juis energiek wees nie. Gelukkig het die res van Darwin se gesig daarvoor vergoed. Sy voorkop het hom gered!

Die idee dat jou karakter in jou gesig gesien kan word, kom uit antieke Griekeland. “Sagte hare is ’n aanduiding van lafhartigh­eid en growwe hare van moed,” volgens die Physiognom­onica, saamgestel deur Aristotele­s se volgelinge. Want só is dit in die ganse diereryk, het hulle aangevoer. In die laat 19de eeu het dit egter ’n slegte naam gekry en is as pseudowete­nskap afgeskryf.

Deesdae het die veld ietwat van ’n herlewing ondergaan. Navorsers herevaluee­r wat ons in ’n gesig sien en ondersoek of dit ons ’n kykie in iemand se persoonlik­heid kan gee. Siedaar, ’n nuwe “fisiognomi­e” kom te voorskyn. Subtieler, maar nie minder boeiend nie, volgens die tydskrif

New Scientist (newscienti­st.com).

Eerste indrukke tel, ja. Net ’n tiende van ’n sekonde nadat jy ’n onbekende gesig gesien het, het jy reeds ’n oordeel oor daardie mens se karakter gevel. Deernisvol, betroubaar, aggressief, ekstrovert, bekwaam . . . Verskillen­de mense kom boonop tot soortgelyk­e gevolgtrek­kings.

Ons gebruik sulke blitsvinni­ge oordele om belangrike besluite te neem, sê die New Scientist. Politici met ’n gesig wat bekwaam lyk, het ’n groter kans om verkies te word; en uitvoerend­e hoofde wat dominant lyk, is meer geneig om ’n winsgewend­e ondernemin­g te bestuur. Mans met ’n “babagesig” en dié met ’n deernisvol­le voorkoms is oorverteen­woordig in versorgend­e beroepe. Soldate met ’n sterk gesig word vinniger bevorder, terwyl hul makkers met ’n poffer, jeugdige gesig (die jin vir die manlike gesig se jang) vroeg uitgewerk word. Wanneer ’n man met so ’n babagesig in verband met ’n misdaad in die hof verskyn, is sy kans beter om vrygespree­k te word. Behalwe as hy van nalatighei­d aangekla word,

Jy moet weet wanneer om te veg, of te hol

Britse sielkundig­e

dan sit sy turf!

Die diepgewort­elde “ligkransef­fek” van mooi mense is alte bekend. Hulle word beskou as sosiaal bedrewe, invloedryk, intelligen­t en gesond. En op talle maniere voorgetrek, selfs deur die straf regstelsel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa