Sarie

10 vrae vir Robbie Wessels

- FOTO WILLEM BOTHA

‘Leeuloop’, ‘Mphe di hoenor’, ‘Asseblief my lief’, ‘Plaasjapie’, ‘Halley se komeet’. Gee vir sanger Robbie Wessels ’n mike, ’n paar moves en ’n gehoor en sy wêreld is reg. Maar moet hom nie vlak kyk nie. Hy is ’n diep siel, ’n man wat al moes klippe kou en die grondpad ken. Moed hou is sy mantra

Ons het al almal terugslae en teleurstel­lings beleef – jou Binnelande­rs-karakter, Kobus Marais, ook. Watter raad het jy vir iemand wat sukkel om oor te begin en weer te probeer?

Die grootste uitdaging is om jouself te vergewe . . . My raad sal wees om net te vergeet van die verlede. Ons kan niks doen aan gister nie. Ons het net nóú en môre.

Elke liedjie uit jou pen vertel ’n storie – dis nie net ’n ge-oela-la en lukrake rymwoorde nie. Wat was jou gunsteling­storie as kind?

Ek was mal oor stories, veral die kinderstor­ies wat op TV was. șStories soosț Pinocchio, Heidi, Nils Holgersson. Ek het myself vreeslik ingeleef. Ek het gelag en gehuil.

Jy skroom ook nie om jou heupe te swaai tydens ’n vertoning nie. Wat bring die beste in jou uit: Pen en papier of ’n gehoor?

’n Gehoor. Ek geniet dit om met die mense te gesels, veral ná ’n show.

Jy het tydens die pandemie Robbie Wessels se Bialetti Koffie begin, jou koffietrok­kie wat jy in Garsfontei­nweg in Pretoria staanmaak. Hoe het die interaksie met mense jou siening van ons land beïnvloed?

Ek het eerstens net besef hoe vrygewig mense is. Party mense koop net ’n koffie en gee vir my R100 en sê: “Hou die kleingeld.” Tweedens, hoe lief ons SuidAfrika­ners is vir gesels – ek ingesluit. En dis, wat ek dink, die ergste van die inperking was: Die feit dat ons nie meer lekker kon kuier nie. Ek dink hierdie koffiestal­letjie het ons weer bietjie die geleenthei­d gegee om net met mekaar te gesels.

Jy stap al langer as 18 jaar ’n pad saam met die regisseur, skrywer en akteur Willie Esterhuize­n – danksy sitkoms soos Gautêng-alêng-alêng (2003) en die rolprent Poena is koning (2007). Wat het jy by hom geleer?

Iets wat ek altyd saam met my sal dra, is Willie se woorde aan my: “Comedy is a serious business.” Willie verstáán komedie soos baie min mense in ons land, en dis werklik ’n voorreg om te kan sê ek het al saam met hom gewerk.

En as jy in enige van sy ander ikoniese sitkoms kon speel, watter een sou dit wees en watter karakter?

Ek dink om in Orkney snork nie ș19891992ț te kon speel sou ’n ongeloofli­ke ondervindi­ng gewees het. En dalk sou ek die rol van Ouboet șgespeel deur Frank Oppermanț wou vertolk.

Jy kan enige legendarie­se storievert­ellers oornooi vir ’n braai. Wie sal ’n uitnodigin­g ontvang?

Vir seker Tolla van der Merwe.

Behalwe vir die feit dat hy skreeusnaa­ks was, dink ek hy was ook ’n wonderlike mens. En dan geniet ek Wicus van der Merwe șTolla se sanger-seunț ook, maar gelukkig was ek al so bevoorreg om saam met hom te kon braai!

Die impak van Covid-19 gaan nog lank met ons wees. As jy ’n liedjie oor die pandemie moes skryf, wat sou die eerste vers wees?

Onthou jy nog die dae toe ons orals saam kon wees

In die Kaap of in die Vrystaat of by elke ander fees

Ons kon saam skree by die rugby

Ons kon saam sing in die kroeg

Ons huis was net ons lêplek

Om te slaap want ons was moeg

Kan jy ’n oomblik herroep wat jou lewe handomkeer verander het?

In 2010 het ek vir ses maande ’n geestelike kursus in Hawai gaan doen . . . My lewe het ná dit drasties verander.

Om in die kollig te wees en in die kunste te werk gaan dikwels gepaard met kritiek. Hoe hanteer jy kritiek? En kom dit al hoe makliker met die jare?

Dit kom definitief al hoe makliker soos die jare aanbeweeg. As ’n mens bietjie meer gevind en geleer het van jouself, is jy naderhand nie meer so afhanklik van wat mense dink en sê nie. Dis vir my belangrik om te geniet wat ek doen. En ek geniet dit verskrikli­k! Dan, dink ek, is dit nie baie belangrik wat mense van jou sê nie.

Beskryf jou beste koppie koffie.

’n Bialetti . . . Geen suiker met net ’n bietjie melk. Ek noem hom ’n “Stomende Ene”.

Wat is jou mantra?

Moet nooit moed opgee nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa