Sarie

Toe sien ons háár . . . Ontmoet Emme Scholtz, SARIE Voorbladge­sig 2021

- DEUR LIANI JANSEN VAN RENSBURG FOTO’S TRACEY BAARD PHOTOGRAPH­Y, VERSKAF

Donker hare, bokkiebrui­n oë en twee verleideli­ke kuiltjies. Dis Emme Scholtz, wenner van SARIE Voorbladge­sig 2021. Soos Michélle van Breda, SARIE-redakteur, sê: ‘Sy is met een woord, stunning!’ Ontmoet haar hier vinnig, en in ons volgende uitgawe sien jy haar op ons voorblad en hoor haar unieke storie

DIS WIE EK IS . . .

Emme Scholtz, ’n 31-jarige laerskoolo­nderwysere­s van Somerset-Wes. Ek en my tweelingbr­oer, Tomas, is op Kersdag gebore. Ons het ’n ouer broer, Marc. Ek en my man, Jacques, het ’n 4-jarige dogtertjie, Anna Hazel, en 2-jarige seuntjie, Kai Levi. Hoe ek myself sal beskryf? Kreatief, goed georganise­erd en passievol met ’n hart vir mense.

OM SARIE SE NUWE VOORBLADGE­SIG TE WEES . . .

Ek word nie maklik verras nie, maar dit was my grootste verrassing ooit – ek het dit nóóit verwag nie. Die 30-sekonde-video waarin ek myself kon voorstel șop SARIE se Instagramț, was klaar ’n groot eer. Nooit in my wildste drome kon ek dink ek sou vir só iets inskryf nie, en nog minder SARIE se Voorbladge­sigwenner wees! Wat ’n gróót voorreg om SARIE te verteenwoo­rdig. Dit beteken vir my baie dat my egtheid genoeg was.

Nooit in my wildste drome...

 ??  ??
 ??  ?? Emme se drie inskrywing­sfoto’s vir SARIE Voorbladge­sig 2021
Emme se drie inskrywing­sfoto’s vir SARIE Voorbladge­sig 2021
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa