Sarie

Nadia Valvekens: ‘Glo net en spring!’

Nou weet aktrise Nadia Valvekens dit wás tyd om Pippa in Binnelande­rs te groet, al was dit hoe moeilik. Want sedertdien onthou sy waarom sy so graag toneel wou speel

- DEUR MARGUERITE VAN WYK FOTO’S LEANA CR KONSEP & STILERING FANIE CRONJÉ GRIMERING & HARE ADELLE JUNG

As daar één ding is wat die aktrise Nadia Valvekens weet, is dit dat jy nooit bang moet wees om te spring nie.

Ondanks die grendeltyd, waartydens so baie mense sukkel om botter vir hul brood te verdien, werk sy meer as ooit. “As jy bereid is om hard te werk en jy sit dáárdie energie daar buite, glo ek dit word teruggekaa­ts.” Maar sy is nie selftevred­e nie. “Ek slaan my oë net op na die hemele en sê dankie, dankie.”

Ons gesels per telefoon op haar af dag. Waar sy tuisgaan in Centurion by haar suster Natasha Valvekens, ’n binneversi­erder, sit Nadia buite by die lapa en eet ontbyt. Ek hoor die gekrys van hadedas in die verte. Sy erken dit is heerlik om in dié tuin, waar sy grootgewor­d het, te ontspan. “Die tuin is reusagtig en ek het lieflike herinnerin­ge. Ons het kleintyd trampolien gespring, ek het my verbeeldin­g hier uitgeleef . . . tot haarkapper-haarkapper gespeel en my ma se waterriete, wat soos hare lyk, gesny,” lag sy.

Haar lewe is op die oomblik soos dié van ’n hamster op ’n stuurwiel, maar sy sê telkens: “Ek is so geseënd, ek kla nie.”

Onlangs het sy geskiet aan die tweede reeks van die kykNET-drama Alles Malan*, waarin sy die karakter Tessa vertolk. Sedert November verlede jaar speel sy in die SABC3telen­ovelle The Estate, wat gaan oor die wel en wee van mense in ’n sekerheids­kompleks in Johannesbu­rg. “Suzaan, my karakter, is effe ditzy en verskaf komiese afleiding.

Haar persoonlik­heid is heel verskillen­d van myne.” In die grendeltyd laas jaar het sy aan die radiodrama Sonduiker gewerk. En hierdie jaar was daar die rolprent Huishou, waarin sy en Cintaine Schutte die rolle vertolk van twee wit vroue wat ’n swart kind wil aanneem. Dit was aanvanklik in 2018 as produksie by die Aardklop-kunstefees te sien en Eben Cruywagen het dit later vir RSG ook tot radiodrama verwerk. “Dit is eintlik ongeloofli­k om te dink ’n produksie kry ’n geleenthei­d op soveel platforms,” sê sy. En wát ’n kompliment was dit nie toe sy op Aardklop vir Huishou as beste aktrise bekroon is nie. “Dit is altyd lekker om erkenning te kry en dié toekenning was net ’n bevestigin­g daarvan dat ek die regte ding gedoen het deur Binnelande­rs te verlaat.”

Ons gesels gaan terug na ’n saadjie wat deur die akteur Tobie Cronjé geplant is. “As dit nie vir sy aanmoedigi­ng was nie, sou ek nie sommer in 2018 ná dertien jaar in Binnelande­rs die karakter Pippa kon groet nie. ’n Sepie kan jou soms insluk, dis ’n baie groot masjien. Ek moes myself weer herinner hoekom ek so graag toneel wou speel.”

In die woorde van die groot akteur Marlon Brando lui een van haar Instagram-plasings: “To grasp the full significan­ce of life is the actor’s duty, to interpret it is his problem, and to express it his dedication.” En dit het vir haar gewerk.

“Ek het gevoel daar is soveel karakters binne my en ek wou nie aan die einde van my lewe terugkyk en wonder of ek nét in ’n sepie wou speel nie. Ek sal altyd dankbaar wees vir my sepie-blootstell­ing – ook in Scandal op e.tv en op

Veranderin­g en die dood is gegewes. Ons weet dit. Dit klink als so geyk, maar ek wil

Ons weet immers nie wát more wag nie dit wat nóú gebeur, geniet. Nadia

SABC2, maar soms moet jy net spring en vertrou jy gaan gevang word.”

En toe spring sy, met ’n sierlike boog. Kort ná Binnelande­rs het sy saam met Christo Davids in haar eerste toneelstuk in sewe jaar gespeel. Hartklop gaan oor twee joernalist­e, Jessica en Daniel, wat saam werk aan ’n stuk oor Chris Barnard se eerste hartoorpla­nting.

Die afgelope jaar is daar die pandemie. “Covid het ons ook bang gemaak, maar daardeur het ons geleer hoe om te oorleef.” Wéér het sy gespring.

“Elke mens moes leer planne maak. Dit was ’n uitdaging om Suzaan se karakter te vertolk in die telenovell­e, ’n nuwe genre vir my, boonop in Engels.” Sy het ook in dié tye vertalings gedoen, altyd oop vir nuwe dinge, hoewel dít nie noodwendig haar forté is nie, erken sy. “Maar ek het bly ja sê vir werk, want ek moes oorleef. Ek moes kop bo water hou.”

Nadia het baie empatie met akteurs wat sukkel om werk te kry. Sy help waar sy kan, maar voel ook nie skuldig omdat werk na haar kant toe kom nie. “Ons moes almal uitspring en werk soek. En dit is vir almal ’n uitdaging. Maar ek het groot begrip dat dit swaar gaan en bly nederig en diep dankbaar vir alle werk.” Alles Malan, haar werk in die Paarl, is ’n projek wat haar laat borrel. Sy en haar geliefde van die afgelope sewe jaar, Ivan Zimmermann, is saam as man en vrou daarin te sien. Hoewel sy nooit gedink het hulle sal saam in dieselfde produksie optree nie, sê sy sy het dit baie geniet.

Sy is lugtig om oor hul verhouding te praat, want hy is baie privaat. Hulle woon op Melkbos, met haar twee Yorkies, Maya en Eli. “Dis dit.”

Dit was ’n voorreg om saam met die regisseurs en vervaardig­ers René en Corné van Rooyen aan Alles Malan te werk. >

Wie weet, dalk verras ek myself, of vir julle. Dalk doen ek nog regie. Dalk skryf ek 'n draaiboek… Nadia

< “Hulle weet wat hulle doen, ken die kuns van goeie stories en relevante temas. Die kykers sal met die menslike inhoud kan identifise­er: verhouding­s, kinderopvo­eding, tienerswan­gerskap. My karakter, Tessa, is op haar eie reis en as beroepsvro­u neem sy besluite wat haar gesin beïnvloed. Families word nie as ‘perfek’ uitgebeeld nie, wat dit baie toeganklik­e kykstof maak.”

Die eerste seisoen, vertel sy, is binne drie maande geskiet. Seisoen twee is weens knapper begrotings binne slegs twee maande verfilm. “Maar René en Corné se ervaring en aandag aan detail sorg weer eens vir ’n pragtige produk.”

Nietemin erken sy die afgelope vyftien maande was baie uitdagend. “Soms wil jy saans net ’n glas wyn drink ná ’n moeilike dag, saam met jou vriend wees en met die honde speel, maar ek was so dikwels weg.”

Dan begin sy oor die bedryf filosofeer en dink aan akteurs soos Shaleen Surtie-Richards, Ben Kruger, Gerrit Schoonhove­n en Elize Cawood wat almal die afgelope jaar oorlede is. Laasgenoem­de twee aan kanker, Ben aan Covid. “Ek is sommer huilerig as ek aan Gerrit, een van die mooiste siele ooit, dink. Hy het altyd gesê, wees briljant, nooit middelmati­g nie. En só het hy ook geleef.”

Dit maak haar bedroef dat groot toneel-ikone soos Shaleen en Elize op hul einde geldelik gesukkel het. “Hulle het soveel ingeploeg in ons bedryf. Hoe is dit moontlik dat daar nie behoorlik na akteurs omgesien word op hul oudag nie?” Dis benewens die Teaterbyst­andfonds van aktrise Lizz Meiring wat akteurs help wat nie vir hulself kan sorg nie en waarvoor Nadia groot lof het.

“Plaaslike akteurs teken hul lewens weg op kontrakte terwyl ander ryk word uit ons werk. Ons het geen keuse nie, ons moet immers werk. Maar waar is die menslikhei­d? Ons word nie tantième betaal soos baie sterre oorsee nie.”

Sy bly ’n rukkie stil. “Ag, oom Ben . . .” Sy het nie baie saam met hom gewerk op Binnelande­rs nie, “maar hy was so ’n goeie siel”.

Akteur-wees was nog nooit maklik nie, hervat sy. “Veral in Suid-Afrika moes ons nog altyd werk skep. Selfs voor Covid. Jy kan nie daarop staat maak dat jy werk sal hê as jy net toneel wil speel nie. Om dié rede diversifis­eer baie akteurs. Hulle hou soms op om toneel te speel en skryf liefs draaiboeke of maak rolprente.”

Wat dan van Sandra Prinsloo, en Britse aktrises soos Judi Dench, Maggie Smith en Helen Mirren, wat op hul “oudag” beter rolle as ooit losslaan en altyd werk?

“Enigiets is seker moontlik. Maar hoewel ek ’n dromer is, is ek ’n realis as dit hiéroor gaan . . . Hoeveel Sandra Prinsloos en Judi Denches ken jy?”

Gelukkig is Nadia van nature positief en weet sy sal ’n plan maak. Haar ma, Cecile, wat hulle alleen grootgemaa­k het, het hulle geleer met die regte houding kry jy enigiets reg. Sý is immers ’n suksesvoll­e mode-entreprene­ur en haar dogters het haar waagmoed geërf.

“Ek sê mos die liewe Heer vang jou, maar jy moet nie bang wees om te spring nie.”

Nadia glo háár sterk punt is om met mense te werk.

In 2017 het sy ná werktyd werksessie­s saam met die Akademie vir Dramakuns (ADK) begin aanbied en self die studieprog­ramme geskryf vir die toneelople­iding.

Kort voor die grendeltyd sou sy weer ’n groep onderrig, maar dit is gekanselle­er weens die pandemie. Sy wil nou haar eie maatskappy, Interact, stig en soortgelyk­e sessies aanlyn aanbied. “Dit is só bevredigen­d om te sien hoe jy ’n verskil maak wanneer kursusgang­ers bemagtig word en selfvertro­ue kry.”

’n Konsep vir ’n reeks kortfilms woel ook in haar kop. Sy dink hardop. “Wie weet, wie weet, dalk verras ek myself, of vir julle. Dalk doen ek nog regie. Dalk skryf ek nog ’n televisied­raaiboek. Wie wéét.”

Covid het haar baie dinge geleer. Dit is goed om nuwe dinge aan te gryp. Dit is ook goed om balans in jou lewe te kry. Om met die honde op die strand te stap, om te draf, om lekker kos te maak vir haar en Ivan. Soms wil sy sommer net onder ’n boom sit en na die blou lug kyk en diep asemhaal. Ander kere opkrul langs haar honde en Deepak Chopra se waarhede lees en daaroor dink.

“Veranderin­g en die dood is gegewes. Ons weet dit. Dit klink als so geyk, maar ek wil dit wat nóú gebeur, geniet. Ons weet immers nie wát môre wag nie.”

Sy glo wel Covid het ons opnuut daarvan bewus gemaak dat ons vir mense wat vir ons saak maak, moet sê ons is lief vir hulle, en dat kleinlikhe­de taboe is.

Sy glo óók ons moet aanhou om onsself uit te daag, en ons moet hoër en verder spring, want dít is al hoe ons kan bly uitsien na opwindende­r “môres”.

* Alles Malan se tweede seisoen begin op 30 November op kykNET (DStv-kanaal 144).

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa