Sarie

DRA JOU BLOMGRIMER­ING SÓ

-

KUNSTIGE OË

Dink aan waterverf en hoe elke kleur subtiel by mekaar invloei – só kan jy jou ooglede met drie of selfs vier kleure ophelder. Dra helder skakerings wat jy juis oudergewoo­nte sou vermy. “As jy pienk, geel en oranje wil meng, doen dit! Dra jy dit selfversek­erd, sál dit werk,” sê Reneé de Wit, grimeerkun­stenaar van Kaapstad.

DRAMATIESE BLOS

Hoe meer blos, hoe beter. Wend ’n poeier- of romerige blosser aan jou wange deur dit opwaarts in die rigting van jou slape en na die buitehoeke van jou oë te skakeer vir ’n vars, jong voorkoms wat jou gelaatstre­kke “lig”. ’n Tikkie blosser op die brug van jou neus sal jou blosende gelaat afrond. WENK! “Hou jou kop onderstebo vir so 10 sekondes. Wanneer jy regop kom, sal jy sien waar jou gesig natuurlik rooi word,” sê Reneé. Tik daar jou blosser aan.

LIPPE WAT BLOM

Masker of nie, vroue prioritise­er weer ’n treffende helder kleur soos koraal of pienk op hul lippe. Nes blomme, is dit ’n ware goedvoelku­ur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa