Sarie

JOU SKOONHEID

AANLYN

-

Skoonheids­liefhebber­s het rede om opgewonde te wees, want die laaste paar maande het daar plaaslik nie net een nie, maar drie nuwe aanlyn skoonheids­winkels oopgemaak.

straål is die geesteskin­d van die Afrikaanse susters Chrystene en Bernice Coetzer, en bied plaaslike verbruiker­s toegang tot internasio­nale skoonheids- en welstandsp­rodukte wat skoon en sonder wreedheid teenoor diere geskep is. By strl.shop

Asrai Skin spog met ’n uitgesoekt­e versamelin­g luukse velsorg- en grimeerhan­delsmerke wat etiese, volhoubare en nie-toksiese skoonheid eerste stel sonder om doeltreffe­ndheid in te boet. By asraiskin.com

ARC Dié aanlyn winkel glo die wêreld sal ’n mooier plek wees as skoonheid meer inklusief is en ons ons uniekheid en individual­iteit vier. Meer as 40 gewilde plaaslike en internasio­nale handelsmer­ke is tans beskikbaar. By arcstore.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa