Sarie

DIE TWEEDE SAL EERSTE WEES

-

iewe Lilibet Diana Mountbatte­nLWindsor, of kan ek maar sê Lili? Nie prinses Lili nie, want jou oupa Charles wil mos glo die koninklike kring verklein wat uit die souspot skep. O, Megs, jou ma, was briesend. Hell hath no fury like a mother scorned, nè? En oupa Charles sit natuurlik self met sy blaker in die botter. Nou ja, liewe Lili. Hoe breek ek die nuus? Of jou ouers nou glam is, of nie, koninklik, of nie, ryk of arm, jy ’n seun of meisie is . . . Daar is die hele tweede-kind-ding wat jy te bowe sal moet kom. Nooit gaan jy Archie se duur skoene kan vul nie! Arch gaan tien teen een meer verdien, gesonder wees en sy IK tot 3 punte hoër as joune. En dit net omdat hy eerste was. En jy? Ou nuus. Daar is 10 000 foto’s van hom in die familiealb­um? Wees bly as daar 10 van jou is. Sy eerste woord is met ingehoue asem afgewag? Jy gaan omtrent in Latyn moet wegval om net met die effense lig van ’n wenkbrou beloon te word. Vra Jakob van die Groot Boek. Gelukkig vir hom kon hy ’n lensiebred­ie soos min kook. Esau het met sy maag gedink en sy reg as eersgebore­ne verkwansel (Wat hét hy gedink?). Esau se nageslag, die Edomiete, en Jakob s’n, die Jode, sou mekaar eeue daarna nog aan die keel gryp. Karma is ’n blikskotte­l.

Nee, liewe Lili, trap jou eie ry spore. Vind jou eie stem. Moker jou eie trom. Tweede (en middelste) spruite ís meer geneig om uit die tradisione­le gietvorm te breek, ’n meer onkonvensi­onele roete te volg. Jy moet, om raakgesien te word. Die dromers, kunstenaar­s, entreprene­urs, avonturier­s . . . ook die stoutes. Probeer die voorbeeld vermy van jou groottante Margaret – ’n drinkende, rokende, soekende mannejagte­r, as ons The Crown moet glo. En oom Randy Andy, ’n middelkind, het mos altoos nog gejeuk op die verkeerde plek. Pa Harry het self sy wilde lote gesaai en nou dikmond sy rug op “The Firm” gedraai.

Darem met sy rooikop steeds op sy lyf. Jou lang en vermaarde bloedlyn is mos maar met lyke besaai. Kort nadat Edward IV, jou grootjie doer in die vyftiende eeu, se jonger broer dood is, het die gerugte begin loop: George is glo in ’n groot vat malvesywyn verdrink. Eddie het uiteindeli­k sy geduld met sy manteldraa­ier-boet verloor.

En Lilibet! Moenie jy ook op Oprah se rusbank gaan sulk asof die wêreld jou iets skuld nie. Daar is ander maniere om eerste te wees, al was jy ook tweede. Vra Madonna, Warren Buffett, Bill Gates, Mark Zuckerberg, Charles Darwin. Don’t get mad, get even! ’n Gesegde wat gewild gemaak is deur

Bobby Kennedy, ’n middelkind natuurlik. (Hier buite konteks aangehaal, ons is nie die Britse poniepers nie.)

Henry VIII, wat Engeland in die sestiende eeu regeer het, bestyg die troon ná die dood van sy oudste broer, Arthur. Anders as Arthur wat grootgemaa­k is om eendag ’n verantwoor­delike heerser te wees, was Henry lekker verwen. Vandag is hy bekend (berug) vir sy ses vroue. Hy’t nie nonsens van kabouters gevat nie: Twee vroue het hy geskei en nog twee se kop laat afkap. Toe die pous hom nie toestemmin­g wou gee om met Anne Boleyn te trou nie (hy’t kop verloor oor haar, maar later sou sy letterlik háár kop verloor), het hy die Anglikaans­e Kerk gestig. En om die pad na die troon te plavei vir Edward, sy enigste seun (binne die eg), laat hy sy oudste twee kinders buite-egtelik verklaar. Sien, hulle was meisies.

Edward het nie ou bene gemaak nie en “Bloody” Mary erf die koninklike septer. Sy was ’n vurige Katoliek en die Protestant­e se bloed het gevloei, soos haar naam aandui. (Die drankie is blykbaar nie na haar genoem nie, nee.) Ná haar dood regeer haar halfsuster as Elizabeth I 45 jaar lank. Sy het nie naastenby gelyk soos Cate Blanchett in die rolprent Elizabeth nie, maar dis Hollywood vir jou daai.

Ook Albert (Bertie), wat as George VI sou regeer, sou sekerlik sy kroon agterna gegooi het as hy soos Colin Firth kon lyk. (Dit was prins Charles se oupa, onthou. Nie prentjiemo­oi mense nie.) In The King’s Speech het ons Bertie se pogings meegemaak om sonder hakkel die eerste keer oor die radio te praat.

George V, sy pa, was bitter streng. Bertie, beskimmeld en onseker, het geen simpatie by hom gekry nie. (George V self was ’n huishen met stokperdji­es soos seëlversam­eling. Tot hy ná sy ouer broer, Albert Victor, se vroeë dood op die voorgrond gestoot is.)

Vir Bertie was dit pynigend om in die openbaar te praat, anders as vir sy ouboet, Edward, bekend vir sy flambojant­e gemak in die kollig. Toe kies hy die geskeide Wallis Simpson bo die kroon en abdikeer. Bertie moes in dié stormagtig­e tyd die monargie se leisels oorneem. Dis iets waarvoor sy vrou, ook Elizabeth, Edward nooit vergewe het nie, à la The Crown.

Oorkant die water is die Kennedys die naaste wat die Yanks aan ’n koninklike gesin kan kom. Patriarg Joseph het al sy passie

Ek is die modelmidde­lkind. Ek is geduldig en versorg almal. Om nice genoem te word is ’n kompliment. En nie ’n vervelige beskrywing van my nie aktrise Jennifer Garner

en energie op sy oudste seun,

Joe Jr., uitgestort: slim, aantreklik en met ’n natuurlike talent vir die politiek. Toe hy tydens die Tweede Wêreldoorl­og sterf, het John F. sy plek in die opmars na mag ingeneem. Hy was soos ’n vis in die water; later ’n gevatte, charismati­ese en glorieryke president. Interessan­t is, JFK het as jong seun gerebellee­r om in sy ouer broer se skadu te leef. Sy kaskenades het onder meer die opblaas van ’n skooltoile­t ingesluit. Maar sy streke het bedaar: Gesondheid­sprobleme, wat hom die res van sy lewe sou agtervolg, het dalk ’n rol gespeel.

Ná die sluipmoord op hom het sy kleinboet, Robert (Bobby), die troon vir die Kennedys probeer terugwin. Ook hy sou met sy lewe daarvoor betaal.

My ma het nooit vir my tyd gehad nie. As jy die middelkind is in ’n gesin van 5 miljoen, kry jy nie enige aandag nie

Woody Allen as Z Marion-4195 (“Z”), ’n idealistie­se maar angstige

miertjie in Antz

 ??  ??
 ??  ?? 1. Portret van Henry VIII deur Hans Holbein. 2. Portret van Elizabeth I deur George Gower. 3. George V en drie van sy seuns in 1906 afgeneem by die Balmoral-kasteel: van links prinse Henry, Edward (later koning Edward VIII) en Albert (later George VI). 4. Prinsesse Margaret en Elizabeth (Elizabeth II) saam met hul ma, koninginmo­eder Elizabeth, en pa, Albert, in 1936 by die koninklike kothuis in Windsor.
5. Portret van die Kennedy-clan in die 1930’s afgeneem by hul huis in Brookline, Massachuse­tts. Voor van links is Joe
Jr., ma Rose, Robert (Bobby), Edward (Teddie), patriarg Joseph, Patricia en Jean. Agter is Eunice, John F., Kathleen en Rosemary. 6. Die drie broers in die politiek, circa 1962: Amerikaans­e prokureur-generaal Robert Kennedy, senator Edward Kennedy en pres. John F. Kennedy.
1. Portret van Henry VIII deur Hans Holbein. 2. Portret van Elizabeth I deur George Gower. 3. George V en drie van sy seuns in 1906 afgeneem by die Balmoral-kasteel: van links prinse Henry, Edward (later koning Edward VIII) en Albert (later George VI). 4. Prinsesse Margaret en Elizabeth (Elizabeth II) saam met hul ma, koninginmo­eder Elizabeth, en pa, Albert, in 1936 by die koninklike kothuis in Windsor. 5. Portret van die Kennedy-clan in die 1930’s afgeneem by hul huis in Brookline, Massachuse­tts. Voor van links is Joe Jr., ma Rose, Robert (Bobby), Edward (Teddie), patriarg Joseph, Patricia en Jean. Agter is Eunice, John F., Kathleen en Rosemary. 6. Die drie broers in die politiek, circa 1962: Amerikaans­e prokureur-generaal Robert Kennedy, senator Edward Kennedy en pres. John F. Kennedy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa