Sarie

VIR OULAAS

-

Selfs al wil jy ’n verbinteni­s met ander middelkind­ers toeëien, is daar steeds kontrovers­ie oor hoe geboorte-orde jou persoonlik­heid beïnvloed, indien dit hoegenaamd die geval is. Die eienskappe wat aan elke kind toegeskryf word, kan dalk so in die kol wees vanweë iets wat die Barnum-effek genoem word: ’n Sielkundig­e verskynsel waar oënskynlik spesifieke persoonlik­heidseiens­kappe vaag genoeg is om op baie mense van toepassing te wees. Maar dit kan tog soms help om te verstaan hoe kinders verskillen­d behandel word op grond van hul geboorte-orde.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa