Sarie

Gesig van die maand: Tracee Ellis Ross

TRACEE ELIS ROSS

- – Magdel Muller FOTO GETTY IMAGES/ GALLO IMAGES

Die appel val nie ver van die boom nie, lui die spreekwoor­d mos. Beslis waar van aktrise Tracee Ellis Ross, dogter van sang-ikoon Diana Ross. Diana het reeds twee sterre op Hollywood se Walk of Fame, nou gaan Tracee ook een kry.

Vir haar rol in die sitkom Girlfriend­s (2000-2008) het sy by die NAACP Image Awards twee toekenning­s vir beste aktrise in ’n komedieree­ks opgeraap. Sy was ook in ander reekse en rolprente te sien, maar haar groot deurbraak was in 2014 toe sy die rol as dr. Rainbow Johnson in die komedieree­ks black-ish aangepak het.

Dié reeks het haar al drie NAACP-toekenning­s besorg, asook ’n Golden Globe in die kategorie vir televisier­eekse, musiekblys­pele of komedie. Hiervoor is sy ook twee keer vir ’n Critics’ Choice Television Award en vier keer vir ’n Emmy benoem.

Boonop is sy bekend vir haar stylvolle voorkoms. Sy is altyd ’n inspirasie op die rooi tapyt en het al vele kere op SARIE se lys van besgeklede­s verskyn. Sy dra haar gekrulde kroon met trots, en het in 2019 haar eie produkreek­s vir krulhare, Pattern, begin.

Ons sien uit na wat Tracee nog alles gaan vermag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa