Die sensualiteit van ’n rok is sy grootste betowering. Laat jou lei deur hierdie tendense vir die komende somer
-
DEUR MAGDEL MULLER
40's
Pofmoue en kort rokke het flankeer op die loopplank tydens die vertoning van Isabel Marant se Lente/ Somer 2021-reeks by die Paryse Modeweek.
Model Heidi Klum
(48) se kort rok met pofmoue is ’n gemaklike somertreffer.
50's
Dié mentkleurige hemprok met valdetail in Yu Chen se Lente/ Somer 2021-reeks by die Chinese Modeweek het die gehoor gaande gehad. Aktrise Amanda Holden (50) wys hoekom pastelkleure dié somer die kollig gaan steel.
60's
Ontwerper Isabel Sanchis wys in haar Lente/Somer 2021-reeks by die modeweek in Madrid hoe elegant ’n mantelrok kan wees.
Aktrise Julianne
Moore (60) se roesbruin manteljas en -rok is ’n wenkombinasie, net reg vir koeler somerdae.
70's
’n Vloeiende maksirok, soos dié een uit Chanel se Lente/Somer 2021reeks by die Paryse Modeweek, is een van dié groot tendense hierdie seisoen. Aktrise Helen Mirren (76) is ’n toonbeeld van elegansie in haar swarten-wit maksirok, perfek by haar grys hare.