Sarie

Spel met kleur

Die tuin vertel jou reeds dat iets besonders wag. Maar dis die ontploffin­g van kleure en style in perfekte harmonie wat jou verlief maak op die Therons se huis in Saxonwold, Johannesbu­rg

-

Die Therons en hul drie dogters woon die afgelope 20 jaar in hierdie statige ou huis uit die 1930’s op ’n boomryke erf. Veertien jaar lank het hulle niks aan die huis verander nie, waarna hulle hul argiteksvr­iend Johan Slee (slee.co.za) gevra het om subtiele en respekvoll­e veranderin­ge aan te bring. Die struktuur en fasade is onverander­d gelaat, maar binne is mure platgeslaa­n om die huis ’n oop gevoel te gee, terwyl die eetkamer en kombuis omgeruil is vir beter vloei. Waar daar eers net een familiebad­kamer was, het elke slaapkamer op die boonste vloer nou ’n en suite-badkamer.

Die garage is ná dese aan die kant van die huis, en daar is ’n romantiese tuin wat Peter en Mariette saam uitgelê het. Die stoep is uitgebou sodat dit reg rondom die huis loop.

Binne is die versiering uniek en ’n indrukwekk­ende spel van kleure en style wat vermeng word. Mariette, wat self skilder, glo daaraan om opkomende kunstenaar­s te ondersteun, en hul kunswerke gekombinee­r met van haar dogters s’n hang die huis vol.

Die tuin is vir hulle net so belangrik soos die interieur van die huis. Mariette is gedurig besig om plante en potte te verskuif. Oral is klein sithoekies, ’n visdam en lanterns, of kleurryke vlaggies wat uit die bome hang.

Jy kan nie help om met nuwe oë na die gebruik van kleur te kyk wanneer jy hier wegry nie.

KLEUR WAAR JY KYK

(LINKS)

Die sitkamer is die hartklop van die huis en hier is Mariette se fyn aanvoeling vir kleur duidelik sigbaar. Die meubels is ’n kombinasie van ’n Victoriaan­se rusbank, art decostoele, en ultramoder­ne groen fluweelsto­ele gekoop by Tonic Design (tonicdesig­n.co.za). Die kunswerk bo die kaggel is deur hul dogter Georgia toe sy omtrent vyf of ses jaar oud was. Die ou tolletjiet­afel op die voorgrond het ’n laag helder verf gekry. Kyk na Duram (duram.co.za) se Chinese Chartreuse vir ’n soortgelyk­e groen verfkleur.

BY DIE TRAP (BO) Selfs aan die onderpunt van die trap het Mariette die potensiaal gesien om ’n klein hoekie in te rig. Die blou tafeltjie bied pakplek vir tydskrifte en die Lucellinol­ig is deur die Duitse ontwerper Ingo Maurer. Die geraamde kunsafdruk bo die tafeltjie is deur die SA kunstenaar Claudette Schreuders. Die bonsaieike­bome is hul weergawe van ’n familiepor­tret.

NUUT EN ANTIEK (BO REGS) ’n Antieke gekerfde tafel, ’n moderne vaas met pioenrose en ’n ontwerper-tafellamp staan hier in harmonie.

GUNSTELING­VERTREK (REGS) Die lig in die sonkamer is altyd perfek, die atmosfeer vredevol en die dagbed met sy kleurryke kussings nooi jou om daar te kom terugsit en ontspan.

SONGEEL KOMBUIS (HEEL REGS) Die kombuis is nie afgeskeep met kleur nie en die heldergeel stoof tref dadelik jou oog. Die eiland was ’n toonbank by ’n ou mynmaatska­ppy en die Therons kon dit vir R150 koop, mits hulle dit self afhaal. Dit het behels dat dit 10 vloere afgedra moes word, want dit kon nie in die hysbak pas nie.

PASCALE SE KAMER (LINKS) Hul oudste dogter, Pascale, se kamer weerspieël haar eklektiese styl met die vermenging van antiek en kontemporê­r, soos die hemelbed wat naatloos vermeng met die hanglig van Tord Boontje en ’n mideeuse lemmetjieg­roen stoel.

OOPPLAN-BADKAMER (BO) Die boonste balkon is omskep in ’n en suiteooppl­an-badkamer vir die hoofslaapk­amer.

OP MY BEDKASSIE (REGS BO) Op ’n skinkbord voor Mariette se bed is ’n versamelin­g mooi goed, parfuumbot­tels en ’n magnoliabl­om. Die skildery is van hul middelste dogter, Andrea, deur die SA kunstenaar Kerri Evans.

KLEURVOL (REGS) Die gebreide blokkiesko­mbers op Mariette en Peter se bed herinner aan Georgia se skildery bo die kaggel in die sitkamer. Hier is ook ’n kombinasie van antieke kaste met moderne meubels en ligte.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa