Sarie

Akteur Gantane Kusch: ‘Ek kan nooit genoeg dankie sê’

- – Suanné Mulder

Sy geliefdes weet dat hy onboetvaar­dig net homself is. Akteur Gantane Kusch se gedagtes hou hom geselskap terwyl hy alleen in die donker na musiek luister. “Ek glo dis belangrik om met myself te connect . . . die idee om jouself beter te leer ken. Hoe beter jy jouself ken, hoe moeiliker is dit vir ander mense om vir jou te sê wie jy is.”

Ja, hy is diep – dalk die invloed van twee merkwaardi­ge enkelmoede­rs, sy ma en sy ouma. Hulle het reeds min gehad, maar sy droom van akteur-wees vooropgest­el en daarin geglo soos hy as kind daarin geglo het. “Ek kan nie genoeg dankie sê nie, ek sal nooit genoeg kan dankie sê nie. En ek wil dit aanmekaar wys.”

As dr. Siya in die kykNET-sepie Suidooster werp dié opoffering­s vrugte af. Waarheidsg­etrou pak hy elke storielyn aan, want “dié is iemand daar buite se storie, kom ons respekteer dit met die respek wat dit verdien. Al raak jy net een mens, dan het jy iets gedoen.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa