Sarie

Weg met daai maag

-

Om ontslae te raak van die rolle op jou maag kan soos ’n onoorkomba­re berg voel. Ongelukkig is dit ook die gevaarliks­te plek vir vetjies om saam te pak. Dit verminder selle se sensitiwit­eit vir insulien en vergroot dus jou kans op diabetes. En kan ook jou cholestero­l en bloeddruk verhoog

MEER VESEL

Jy hoef nie ’n pak vol pruimedant­e te eet nie. Groen blaargroen­te, heelgraan, neute en bone help alles om die vet te troef wat diep in jou maag wegkruip. Kosse hoog in verfynde koolhidrat­e en suiker tem nie jou honger nie en maak jou net lus vir nog.

KIESKEURIG OOR VET

Moenie te min vet eet nie, maar fokus op die regte soort. Beperk versadigde vet in diereprodu­kte, kokosneut- en palmolie, en kry genoeg omega 3vette in: olieryke vis (soos salm, tuna en makriel), vlassaadol­ie, pampoensaa­d en okkerneuto­lie. Proteïene (vleis, vis, vars neute, kaas) is ook belangrik, maar kies diereprote­ïene met min vet.

OPSITTE ELKE DAG? NEE!

Net maagoefeni­ng gaan nie help nie. Jy moet 3-4 keer per week konsentree­r op al jou spiere, en veral die groot spiergroep­e (soos jou rug, bors, boude en dye). Kardiovask­ulêre oefening is belangrik. Moet egter nie oor en oor dieselfde ding teen dieselfde tempo doen nie. Wissel dit af, bv. draf, stap, fietsry, swem, ens. En verander die intensitei­t.

DIE GOUE LOKKIESFOR­MULE

Wanneer dit by gewigstoen­ame kom, is slaap ’n bietjie soos pap. Te min – minder as 5 uur – kan meer maagvet beteken. So ook te veel – meer as 8 uur. “Net reg” is klaarblykl­ik 6-8 uur. As jy nie genoeg slaap nie, of rondrol, probeer ’n bietjie vroeër bed toe gaan, ontspan voor slapenstyd, hou jou slaapkamer koel en moenie voor bedtyd TV kyk of op jou foon/ tablet woeker nie.

ONTSPAN!

Gestres? Dit kan jou na vet en suiker laat hunker. Die streshormo­on kortisol word boonop dan vrygestel, wat maagvet kan laat aanpak. Stres kan jou ook minder laat slaap en oefen en meer alkohol laat wegslaan, wat die rolle kan laat gedy. Vind gesonde uitlaatkle­ppe vir spanning.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa