Sarie

Mites oor saamslaap

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE ILLUSTRASI­ES GETTY IMAGES/GALLO IMAGES

Jy kan jou nie indink dat jy nie ’n bed met jou maat deel nie. Maar hoe goed slaap jy in daai knusse kooi? ’n Belangrike vraag, omdat ’n goeie nagrus ’n hoeksteen vir ’n gelukkige verhouding is. Dus wil ’n nuwe boek pare leer om beter saam te slaap. En as dit nodig is, apart

Slaap. Daardie wondersoet­e ding. Dan trek julle saam in en hy snork. Of sy eis al die beddegoed vir haarself op. Dis ’n skrale opoffering vir die intimiteit en sekuriteit wat daardie knusse kooi bied, reken jy? Die koste van ’n slegte nagrus is egter hoog: Nie net vir jou gesondheid en gevoel dat alles wel is nie, maar ook vir jou verhouding. Punt is, jou slaappatro­on en -gehalte het ’n direkte invloed daarop. Luister hierna: Wanneer ’n man sleg slaap, ly die gehalte van sy verhouding die volgende dag daaronder, het navorsing bevind. Vir vroue gaan dit egter alles oor die verhouding. Op dae wat sy nie so gelukkig met manlief is nie, slaap hulle albei daardie nag sleg. As sy dus ongelukkig is, slaap niemand nie.

Slaap se rol in ’n verhouding word dikwels misgekyk, volgens dr. Wendy Troxel, Amerikaans­e gedrags- en sosiale wetenskapl­ike. Sy doen al die afgelope sowat vyftien jaar navorsing oor pare en hul slaapgewoo­ntes. Nou het sy ’n boek daaroor geskryf: Sharing the Covers: Every Couple’s Guide to Better Sleep*.

Ons slaap sowat ’n derde van ons lewe, sê Wendy in ’n TED-praatjie. Dis ’n groot deel van jou bestaan, veel meer as seks. “As ons ’n lekker nagrus gehad het, kommunikee­r ons beter, ons is meer empaties, gelukkiger, aantreklik­er en snaakser, het studies bevind. Alles belangrike dinge om gesonde en gelukkige verhouding­s te ontwikkel en so te hou.”

Doen dinge op jul manier en basta met al die mites oor wat dit beteken om saam te slaap (in die letterlike sin van die woord), is haar boodskap. Dit wek skaamte by mense wat, sê nou maar, verkies om nie ’n bed te deel nie. Maar kyk wat sê die objektiewe oog van die wetenskap.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa