Sarie

Gesondding­e

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

GRATIS HULP AAN JONGES

Hope Guardians, ’n organisasi­e sonder winsoogmer­k, bied sielkundig­e hulp aan jongmense wat nie vrylik daartoe toegang het nie. Dit word op verskeie maniere gedoen, insluitend ’n aanlyn platform met spesialist­e in hul veld. Dié weeklikse een-tot-een-terapieses­sies is gratis vir mense tussen 18 en 27, in jou taal en binne jou kulturele konteks. “Miljoene mense wêreldwyd sukkel met geestesges­ondheidspr­obleme,” sê Benjamin Tuttle, stigter van die organisasi­e. “Net in Suid-Afrika het sowat driekwart van mense wat dit benodig, nie toegang tot enige vorm van geestesges­ondheidshu­lp nie.”

Besoek hopeguardi­ans.com

KAN JY VAN PARKINSONS WEGHOL?

Kragtige oefening, soos hardloop, kan dalk die verloop van Parkinson se siekte vertraag deurdat dit ’n beskermend­e geen, bekend as DJ-1, aanskakel, het Amerikaans­e navorsers bevind. Bron: sciencedai­ly.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa