Sarie

Wêreldmode­s GEVIER

-

Op mode-loopplanke word ons al vir dekades deur die asemrowend­e skeppings van ontwerperh­uise soos Chanel, Dior, Yves Saint Laurent, Louis Vuitton, Prada en Vivienne Westwood geïnspiree­r. Nou word elkeen se verhaal in Catwalk, ’n reeks glansryke koffietafe­lboeke, gedokument­eer. Biografieë van die ontwerpers, ongepublis­eerde foto’s en stories oor die inspirasie agter hul ontwerpe maak die boeke ’n moet-hê vir elke fashionist­a.

Catwalk (R1 590 per boek) word uitgegee deur Thames & Hudson, te kry by voorste boekwinkel­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa