Sarie

’N KLASSIEKE, VOLWASSE SKOONHEID

-

Met Suzette van der

Merwe op die voorblad van SARIE se Julie/Augustusui­tgawe, kom daar so ’n warm gevoel in my hart. Ek het as tiener saam met haar haar droom uitgeleef as Mej. Suid-Afrika. Ek kyk na haar en ek dink – jy word net mooier. Maar dis ’n ander mooi – dit is een van volwassenh­eid. ’n Skoonheid wat gegroei het oor die jare van haar lewensreis, met paaie van teleurstel­ling, pyn, geluk, hoop en een van keuses.

Die keuses wat sy gemaak het om te groei ten spyte van hartseer en verlies, het hierdie klassieke skoonheid gebring – ’n volwassenh­eid. En dit is juis dít wat my dié maand so inspireer, soos net SARIE dit kan doen deur hul stories. Waar ons almal verlies en seer ervaar het in die laaste klompie maande, mag hierdie artikel van Suzette ons inspireer om ondanks seer, verlies en verlange hoop te skep en te kies om te groei sodat ons in ons volwasse skoonheid kan straal (en daarmee saam betower!).

Isabella Neethling, Durbanvill­e

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa