Sarie

Uitvoermat­eriaal DEVILSDORP IS

- HOFFOTO’S GETTY IMAGES/GALLO IMAGES

Dís kenners se mening oor Devilsdorp, ’n dokumentêr­e reeks op die betaalkana­al Showmax wat handel oor die “afspraakmo­orde” wat tussen 2012 en 2016 in Krugersdor­p gepleeg is. Lede van ’n kultus, Electus per Deus (“uitverkies deur God”), onder die invloed van Cecilia Steyn was verantwoor­delik vir die moorde.

Volgens ’n mediaverkl­aring het dié reeks ’n Showmax-rekord behaal vir die meeste ure gekyk in die eerste vier dae ná uitreiking. Die pers is gaande: Resensente van News24 en Rapport het dit vyf sterre gegee en Netwerk24, Beeld, Die Burger en Volksblad vier.

Schalk Schoombie, akteur, skrywer en kunsresens­ent, sê Devilsdorp hoef geensins terug te staan vir internasio­nale misdaadree­kse nie. “Dis goed nagevors, tegnies bedrewe, en uiters boeiend. Dit hou aan verbaas – infotainme­nt uit die boonste rak.”

Dit wys net weer ons kán goeie dokumentêr­e prente maak, sê hy. Dink maar aan die Oscar wat ons vanjaar vir die beste dokumentêr­e rolprent,

My Octopus Teacher, losgeslaan het.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa