Sarie

ONSTUITBAR­E BANYANA-STER MAAK DROOM WAAR

- LINKS Thembi Kgatlana hou die spel dop tussen Atlético Madrid en Real Madrid in die Spaanse vroueliga. FOTO GETTY IMAGES/GALLO IMAGES

Dis ’n storie van hoop, van vroue wat dikwels in patriargal­e huishoudin­gs in townships grootword en nie glo hulle gaan ooit hul drome kan bewaarheid nie.

In Strike a Rock: The Thembi Kgatlana Story ( Jacana Media, R200), wat vroeër vanjaar verskyn het, gee joernalis Nikolaos Kirkinis die stories weer van die 25-jarige Thembi van Banyana Banyana en haar “susters” in die SuidAfrika­anse

vroue-sokkerspan. Dié doelgerigt­e vroue het hom eindeloos geïnspiree­r. “Hulle het soveel uitdagings om te oorkom.”

Ook Thembi, nou ’n internasio­nale ster wat ook vir Atlético Madrid in Spanje speel, se ouers was gekant daarteen dat sy in die stofstrate van Mohlakeng wes van Johannesbu­rg haar drome najaag. Sy was egter onstuitbaa­r en het op 21 die Thembi Kgatlanast­igting begin om die pad vir ander jongelinge in die township makliker te maak.

Nikolaos sê as mense meer boeke oor rolmodelle soos Thembi skryf, kan meer respek gekweek word vir al die vasbyters wat hul drome volg. “Dalk kan jy só ’n verskil help maak aan die verskrikli­ke geslagsgeb­aseerde geweld wat baie vroue moet verduur.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa