Sarie

TIKTOKVLIE­ËNIER inspireer

-

Almal het gesê Melissa* sal nooit vlieg nie – dis tog ’n “mansberoep”. Maar volg haar op @pilot_onthegram en vlieg hoog sáám met haar. Volgelinge (700 000 en 89 700 op TikTok en Instagram onderskeid­elik) kry ’n glimps van haar opwindende lewe deur video’s wat sy op vlugte met haar GoPro maak.

“Jy moet hard werk en in jouself glo, dan is enigiets moontlik.” Haar eerste vlug was van O.R. Tambo na die eksklusiew­e Londoloziw­ildreserva­at. “Opwindend én senutergen­d!” Vlugte na die Maledive en private reservate is volop. Maar dis nie nét glam nie. Sy moet koelkop bly. “Elke aanloopbaa­n verskil, vlieg verg goeie beplanning, dis veeleisend.”

Sy glo vroue moet stereotipe­s afbreek in beroepe wat nog deur mans oorheers word, sodat jong vroue in die toekoms makliker hul drome kan bewaarheid. * Sy weerhou veiligheid­shalwe haar van. Vir meer oor haar mentorskap­programme, kontak pilotonthe­gram@gmail.com.

BO Melissa FOTO @PILOT_ ONTHEGRAM/INSTAGRAM

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa