Sarie

SPAN celebs IN OM VRIENDE EN FAMILIE TE VERRAS!

-

“Met Covid neem ons meer aanlyn video’s as ooit op. Soms wil mens bloot sê ‘ek dink aan jou’. Die regte woorde op die regte tyd is kosbaar.”

Só gesels Wouter Lombard, ’n Kaapse bemarkings­foendi. Tydens ’n besoek aan Lissabon in Portugal enkele jare gelede is hy op versoek van sy barbier na die ikoniese haarsalon Figaro’s. Hy’t die eienaar van sy bewonderaa­r in die Kaap vertel, en dié het net daar vir hom ’n videoboods­kap gestuur. Sy barbier was omgeboul. En dáár begin Wouter se kop oortyd werk.

In 2019 stig hy, saam met die oud-Springbokk­aptein Jean de Villiers en nog twee vennote, myfanpark.com, ’n webtuiste met meer as 3 000 plaaslike en internasio­nale glansperso­onlikhede.

“Jou ouers is dalk mal oor Riaan Cruywagen (hy’s supergewil­d) – dan bespreek jy hom om ’n persoonlik­e videoboods­kap op te neem en stuur dit aan hulle,” sê Wouter. Jy kies die tipe interaksie – Zoom-oproep, videoboods­kap, wat ook al – en vul ’n aanlyn vorm in. Wát ’n lekker verrassing as jou familie dié “aanlyn geskenk” ontvang. Elke celeb se prys verskil, maar videoboods­kappe kos gemiddeld R400.

Van die gewildste glansmense sluit in die sangers Francois van Coke, Elandré, Leah en Jo Black, rugbyster Faf de Klerk, radioaanbi­eder Amore Bekker en komediant Schalk Bezuidenho­ut . . .

“Afrikaans is gróót,” lag Wouter.

REGS Van die celebs op die webtuiste myfanpark.com. FOTO’S VERSKAF

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa