Sarie

KABOUS MEIRING

-

Aanbieder van Megaboere en Prontuit op kykNET

Ek sou graag wou lees dat veediefsta­l hokgeslaan word. Die landbousek­tor lewer ’n reuse-bydrae tot ons ekonomie.

Veediefsta­l is ’n enorme probleem wat opgelos kan word met die ondersteun­ing van die polisie, buurtwagte en die uitroei van korrupsie.

Dit kán gebeur. Landboulei­ers praat en beplan nie net nie, hulle dóén ook! Die staat besef dit toenemend, ook die erns van voedselvoo­rsiening. Hulle behoort nou doodgewoon die daad by die woord te sit.

Ek wil nie onrusbaren­de nuus oor boere as teiken van sommige groepe lees nie. Dít terwyl die waarheid heel anders lyk: Groot boere doen baie om met naburige stamme oor grond en ontwikkeli­ng te onderhande­l. ZZ2 is ’n voorbeeld. șZZ2 is ’n boerderyko­nglomeraat wat gesonde en bekostigba­re kos aan Suid-Afrikaners voorsien en ook gehaltepro­dukte reg oor die wêreld uitvoer.ț

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa