Sarie

DANIËLLA VAN HEERDEN

-

Nuusleser by eNuus en skrywer

Syfers behoort te reflekteer dat die aantal kinders wat met ’n betrokke pa of manlike rolmodel grootword, toeneem. Vaderloosh­eid is myns insiens een van die groot maatskapli­ke kopsorge. Tot twee uit drie jong Suid-Afrikaners word groot sonder ’n biologiese pa onder dieselfde dak.

Dis veral ’n leemte onder jong seuns wat nie ’n rolmodel het vir raad en leiding nie. Misdaad en geslagsgeb­aseerde geweld is dikwels die gevolg.

’n Omgee-pa is ook belangrik in ’n dogtertjie of jong vrou se lewe. Só leer sy hoe sy behandel behoort te word. Dit is vir my só spesiaal om te sien hoe gek my dogtertjie, Simoné, oor haar pappa is. My man, Cornél, is haar held.

Ek glo daar is toenemend ’n besef dat die gesondheid van ’n gesin belangrik is. Ek het self al berig oor die organisasi­e The Character Company wat poog om vir vaderlose seuns rolmodelle te gee. Die joernalis Julian Jansen se boek, Seuns sonder pa’s, belig ook dié kwessie.

Die probleem sal waarskynli­k nie oornag opgelos word nie, maar goeie mans wend wel toenemend pogings aan om ’n verskil te maak.

Ek wil nooit weer lees dat ouers hul kinders mishandel en/of seksueel misbruik nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa