Sarie

STEPHEN TAU

-

Joernalis en veldaanbie­der van kykNET Verslag

Ek is ’n groot sokkeronde­rsteuner en sal graag ’n opskrif wil sien wat sê dat daar veel meer vir sokker gedoen word. Wat sokkerspan­ne – en veral ons nasionale span – betref, behoort daar meer belê te word in die skep van ’n behoorlike struktuur, asook aan die opleiding en ontwikkeli­ng van spelers. Dis al manier waarop ons die standaard van dié spel in Suid-Afrika sal verbeter.

Ek glo dis moontlik, maar dan het ons die regte mense op die regte plekke nodig, mense wat passievol oor sokker is. Die geld vir spanne behoort ook beter aangewend te word.

Ek wil nie lees oor protesaksi­es ,die afbrand van skole en die beskadigin­g van eiendom nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa