Sarie

SUZAAN STEYN

-

Aanbieder van Spreekkame­r, ’n program oor holistiese gesondheid op kykNET

Ek sou graag wou sien dat ons die virus klop, soos wat met die Spaanse griep gebeur het. Ek dink ongelukkig nie dat dit reeds volgende jaar die geval gaan wees nie. Volgens voorspelli­ngs gaan die pandemie nog ’n ruk lank in ons midde wees.

Ons sal moet ophou om oor inentings te baklei, en eerder stil word. Glo liewer die kenners, nie sameswerin­gsteorieë nie. Dis belangrik om as ’n span saam te staan en die inenting te kry. Só sal ons gesond kan bly, die ekonomie aan die gang kry, kan reis en ook buitelands­e toeriste lok.

Ek sal beslis nie wou lees dat nog ’n vlaag van die virus ons tref, of nog ’n variant sy kop uitsteek nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa