Sarie

HANNES VAN WYK

-

Akteur en Kwêla-aanbieder op kykNET

Ek kan nie wag om te lees dat kunstenaar­s weer kreatief is, aan nuwe werk en produksies beplan, positief is om werk te skep en dat ons almal weer na vertonings kan uitsien nie.

Ek wil graag lees oor die reaksie van die gehoor wanneer teaters weer heeltemal oop is. Mens mis dit. Ek glo daar gaan ’n kreatiewe ontploffin­g wees.

Ek dink my wens kan realiseer indien elke liewe Suid-Afrikaner verantwoor­delik optree en doen wat gevra word. Jy moenie net aan jouself dink nie, maar ook aan die duisende kunstenaar­s wat vir baie lank geen inkomste gehad het nie.

Ek wil nooit weer lees dat kunstenaar­s swaarkry nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa