Sarie

FREEK ROBINSON

-

Spesialis-onderhoudv­oerder van LitNet Aktueel en afrigter van top-sakelui in TV-vaardighed­e

Ek sou graag wou lees dat: die regering sy plan laat vaar om die Grondwet te wysig om só onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak. die ANC, soos verwoord deur pres. Cyril Ramaphosa, ná deeglike ontleding van tientalle openbareko­nsultasie-sessies en duisende geskrewe insette tot die besef gekom het dat die meeste mense grondeiena­ars wil wees. ’n omvattende veldtog begin gaan word om grondhervo­rming te bespoedig. Dit behels die aktiewe betrokkenh­eid van kommersiël­e boere by die opleiding en ondersteun­ing van opkomende boere. Grond in staatsbesi­t sal eerste toegeken word aan verdienste­like mense wat wil boer en minstens basiese landbou-ervaring het. Ook boere op tradisione­le grond sal eienaarska­p kry.

Dit lyk al hoe meer asof die ANC nie die ondersteun­ing van die EFF in die parlement sal kry om die Grondwet te kan verander nie. Die voorstelle vir die radikale transforma­sie van die landboueko­nomie word dan laat vaar. So ’n proaktiewe beleid sou letterlik oornag ’n verskil maak aan die motivering van boere, en ook voornemend­e buitelands­e beleggers vastigheid gee.

Ek het min hoop dat die party ’n aktiewe ontwikkeli­ngsplan in die plek daarvan sal instel.

Wat ek nie wil lees nie, is dat plaasmoord­e op groot skaal bly voortgaan.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa