Sarie

PAUL ROTHMANN

- * Pasella se laaste episode word op 12 Januarie op SABC2 uitgesaai. ’n Huldeblykr­eeks sal dan vanaf 19 Januarie tot 13 April te sien wees.

Aanbieder van Pasella*

Ek sou eerstens wou sien dat alle Suid-Afrikaners toegang tot geletterdh­eid en lewensvaar­dighede het. Om ’n YouTube-video te kyk is nie dieselfde nie. Almal behoort ’n lus te ontwikkel om self te lees asook krities te dink oor wat hulle gelees het. Leerders behoort reeds op laerskool fundamente­le vaardighed­e te leer en die fokus behoort op tersiêre finansieri­ng te val.

Tweedens moet die wêreld minder gepolarise­erd word. Ekstremism­e werk nie. Tog is dit ’n algemene verskynsel dat die liberale pool meer liberaal word en die konserwati­ewe pool meer konserwati­ef. Ek sou wou sien dat die twee pole, volgens die Duitse filosoof Hegel se teorie van tese, antitese en sinergie, nader aan mekaar beweeg, en daarom vorentoe met nuwe oplossings.

My eerste wens is beslis haalbaar. Tablette en afstandond­errig in landelike gebiede is die oplossing.

Geld hiervoor sal minder wees as tans, maar dis goedkoper as om onderwyser­s in te vlieg.

Ek wil beslis nie lees dat koffie onwettig geword het nie!

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa