Sarie

ELSA ESTERHUIZE­N

-

Nuus- en aktualitei­tsaanbiede­r van Die GROOT Ontby top kykNET Ek wil lees dat ons land ’n gedaanteve­randering ondergaan het ten opsigte van geslagsgew­eld teenoor vroue. Vroue en mans behoort ook gelyke inkomste vir dieselfde werk te kry.

Ons president verwys al

’n geruime tyd na gesinsgewe­ld as Suid-Afrika se ander pandemie, tog voel dit asof dit net vererger. Ek dink dis onregverdi­g en totaal onaanvaarb­aar dat vroue in ons land vreesbevan­ge moet leef en gereeld die teikens van gruweldade is.

Daar is onlangs berig dat die werklooshe­idskoers onder SuidAfrika­anse vroue hoër is as onder mans, terwyl hulle ook minder betaal word vir dieselfde werk. Dis ’n wêreldwye probleem wat hopelik vinnig opgelos sal word. Die definisie van “broodwinne­r” het immers lankal verander en kan nie meer aan ’n spesifieke geslag gekoppel word nie.

Hierdie uitdagings lei tot frustrasie omdat dit lankal reggestel kon word. Maar die hoop beskaam nie. Hopelik maak die konstante bewusmakin­g binnekort ’n verskil.

Ek wil definitief nie weer lees oor iets soos die dood van die Glee-akteur Naya Rivera nie. Die omstandigh­ede en verwikkeli­nge van die storie het my vir weke onrustig gestem. Ek wonder steeds soms wat haar arme seuntjie alles beleef en gedink het toe hy sy ma onder die water van die meer sien verdwyn het.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa