Sarie

LOURENSA ECKARD

-

Joernalis en aanbieder van kykNET Verslag

Ek sou wou lees dat die munisipale verkiesing­s sonder enige ontwrigtin­g plaasgevin­d het en dat alle SuidAfrika­ners gaan stem het; dat die ANC by die stembus gestraf is vir jare lange korrupsie en wanbestuur; en dat die verskillen­de koalisiere­gerings wat na afloop van die munisipale verkiesing­s gevorm is, daadwerkli­k verskille opsy sal sit en saamspan om dienslewer­ing te verbeter.

Ek dink die kans is skraal, hoofsaakli­k omdat so baie SuidAfrika­ners ontnugter is deur die politiek en te min kiesers waarskynli­k sal stem. Namate die ANC verlam word deur faksiegeve­gte, is daar ongelukkig ook ’n moontlikhe­id dat munisipale verkiesing­s ontwrig kan word. Ek hoop regtig nie so nie.

Teen 2022 sal ons hopelik adjunkhoof­regter Raymond Zondo se finale verslag oor staatskapi­ng kry. Ek sal nie wil lees dat daar dadels van gekom het nie, nie wat betref die oudpreside­nt se vervolging en optrede teen diegene wat prominent in die verslag genoem word nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa