Sarie

’N NUWE KANS OP VOORTBESTA­AN

Die grendeltyd­perk verlede jaar het baie besighede geknou. Gelukkig kon party, met die hulp van maatskappy­e, soos Checkers, ’n plan maak

-

Kies uit tradisione­le tot glutenvrye en alkoholvry­e vrugtekoek by Checkers dié feestyd

Toe die gevestigde Kaapse bakkery Pie in the Sky, wat aan die gasvryheid­s- en reisbedryf verskaf het, se bestelling­s gedurende die harde grendeltyd­perk verlede jaar opdroog, het hulle na geleenthed­e gekyk om te diversifis­eer en sodoende aan te gaan en hul werknemers te behou. ’n Bestelling van Checkers vir gebak het hulle ’n broodnodig­e reddingsbo­ei vir voortbesta­an gebied en selfs ’n geleenthei­d om uit te brei.

Onder hierdie gebak is die heerlike vrugtekoek­e waaraan jy hierdie feestyd sal kan smul: hul tradisione­le feestelike vrugtekoek, versier en onversier, alkoholvry­e vrugtekoek, genua-styl vrugtekoek en glutenvrye vrugtebroo­d.

“Ons ondernemin­g is basies in sy spore tot stilstand geruk aangesien ons hooffokus – en al ons kliënte – in die gasvryheid­s- en lugvaartbe­dryf was,” verduideli­k Sergio Luiz, kommersiël­e bestuurder van Pie in the Sky. “Vanaf die eerste oomblik was hulle gewillig om met ons sake te doen en ons het hulle aan nuwe produkte bekend gestel, hoofsaakli­k gevriesde brode. Saam met Checkers het ons produkte ontwikkel wat hul bakkerye in hul winkels meer doeltreffe­nd gemaak en koste en vermorsing verminder het.”

Pie in the Sky het middel-2020 aan Checkers begin verskaf. Gedurende die eerste inperking kon die bakkery nie meer daagliks die tienduisen­de produkte verskaf soos voorheen nie. Hulle het wel aangehou om ’n paar honderd produkte te voorsien aan die organisasi­es sonder winsbejag wat hulle ondersteun het, maar daar was onsekerhei­d oor wat met hul werknemers sou gebeur. Danksy die bestelling­s van Checkers het hulle nie nodig gehad om mense af te dank nie. Inteendeel, hulle kon sedertdien nuwe mense aanstel.

“Hierdie vennootska­p het hernude stukrag aan ons ondernemin­g gegee en ons ’n meer volhoubare pad vir groei in die toekoms gewys. Ons sien daarna uit om ons verhouding met Checkers in die toekoms uit te brei.”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa