Sarie

Die lewe onder die water gryp my aan

Thomas Peschak, seelewefot­ograaf en mariene bioloog

-

Toe Thomas Peschak die eerste keer as sesjarige sy kop onder die water sit, het hy sy toekoms gesien. “My liefde vir die see het op daardie oomblik begin, met my eerste snorkelses­sie. Ek het Jacques Cousteau se werke en National Geographic-tydskrifte begin verslind. ’n Paar jaar later het ek begin vryduik en besluit ek wil ’n mariene bioloog word.”

En hy het. Thomas, ’n Duitser, het in 1999 Suid-Afrika toe gekom om sy PhD in mariene biologie oor die impak van perlemoens­troping aan die Universite­it van Kaapstad te voltooi. “Daardie tyd was die kruin van die perlemoen-oorloë. Ek sou een week duisende perlemoen iewers sien, en die volgende week sou als gestroop wees. Ek het myself oor ’n mik gewerk om iets daaraan te probeer doen – artikels geskryf, voorleggin­gs gedoen, dit aangemeld by elke owerheid wat ek kon, en niks het verander nie. Ek het gevoel ek kyk toe hoe die spesie vernietig word terwyl niemand omgee nie. Dit was ongeloofli­k ontmoedige­nd.”

Uit desperaath­eid het hy foto’s na die media begin stuur. “Eers het streekskoe­rante soos die Hangklip Herald my foto’s gedruk en later publikasie­s soos die Cape Times en Getaway. Toe doen Africa Geographic

’n artikel en ander internasio­nale publikasie­s het gevolg. Binne ’n paar maande is ’n taakspan op die been gebring en ná ses maande het stroping tussen Hangklip en Bettysbaai met tot 90% verminder. Ek kon dit skaars glo. Dieselfde storie, vertel deur foto’s pleks van statistiek­e, kon dít vermag.”

Hy het al as tiener onderwater-foto’s begin neem as ’n stokperdji­e, maar dit toe ernstiger begin opneem. “My uiteindeli­ke doel was om die seelewe te beskerm, hoe ook al. En die impak van foto’s was net soveel groter. Die wetenskap is absoluut noodsaakli­k en ek het steeds groot respek daarvoor, maar ek het geweet ek kan die publiek só beter oorreed om om te gee.”

Hy het steeds ’n paar jaar aanhou werk as mariene bioloog voordat hy permanent die skuif na fotografie gemaak het. “Naderhand was ek ’n swak bioloog,” lag hy. “Ek sou iewers aankom met my wetenskapl­ike toerusting en binne vyf minute daarvan vergeet en net foto’s neem. Ek het besef ek moet tussen die twee kies, en fotografie was die duidelike antwoord.”

Twintig jaar, agt boeke en sewe Wêreld-persfoto-toekenning­s later, is hy steeds gelukkig oor sy besluit. “Dis hárde werk. Daar is geen werksekerh­eid nie, ek reis sowat 250 dae van die jaar en ek bring tot agt uur ’n dag in die see deur. Mense sien die hoogtepunt­e, die tien foto’s wat gedruk word uit die duisend wat nie gewerk het nie, en beny

 ?? ?? 1
1
 ?? ?? 3
3
 ?? ?? 4
4
 ?? ?? 2
2
 ?? ?? 5
5

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa