Sarie

’n nuwe parfuum

-

Een van die grootste oorkoepele­nde leefstylte­ndense vir die somer is

’n behoefte om gelukkig en gesond te voel. Dit spoel veral oor na die parfuumwêr­eld, sê Tasha Ludlow Furlong, plaaslike parfuum-handelsmer­kbestuurde­r van Bacher and Co. “Parfuums wat ’n gevoel van welstand ontlok en herinner aan gelukkige oomblikke soos ’n vakansie of ’n aand uit is nou gewild.” Ook geurnote wat positiwite­it opwek en warm en kalmerend is. Net so is parfuums wat fokus op volhoubaar­heid asook ekovriende­like bestanddel­e groot nuus.

“Vir jou nuwe somergeur, wees op die uitkyk vir parfuums met blomnote soos roos, jasmyn en neroli, vrugtenote soos bergamot, nartjie en pomelo en gourmandno­te soos vanielje, toffie en muskus om ’n gevoel van welwees te ontlok.”

Wenk

Bevog jou lyf voordat jy jou parfuum aanspuit om dit langer op jou vel te laat hou. Parfuum verdamp makliker op

’n droë vel.

 ?? ?? Schané se trourok
Anel Botha
Schané het Acqua di Parma Vaniglia (R4 199 vir 100 ml EDP) as haar trougeur gekies – ’n vars dog warm geur met sitrus en vanielje. By Woolworths
Schané se trourok Anel Botha Schané het Acqua di Parma Vaniglia (R4 199 vir 100 ml EDP) as haar trougeur gekies – ’n vars dog warm geur met sitrus en vanielje. By Woolworths

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa