Sarie

FEESTELIK EN LEKKER

Sorg dat jou feestafel vanjaar kreun van die lekker met hierdie varkvleisr­esep. Met min moeite kan jy alledaagse bestanddel­e spoggerig laat lyk en sorg dat elke happie jou gaste gaan terugnooi vir nog

- RESEP EN STILERING HERMAN LENSING FOTO MICHAEL LE GRANGE

Oondgebraa­ide varknek met rum en pere

Vra jou slagter om die varknek vir jou te ontbeen en netjies op te rol. Die snit is heerlik sappig en jy kan dit sonder moeite in netjiese skywe sny. genoeg vir 8-10

• 4 uie, in skywe gesny

• 4 knoffelhui­sies, grofgesny

• 1 hand vol vars salie, gekap

• 1 000 ml hoenderaft­reksel

• 2 x 330 ml-bottels appelwyn (cider)

• 100 ml donker rum

• 2,5 kg ontbeende varknek, gerol

• 30 ml korrelmost­erd

• 25 repies strepiespe­k

• 30 ml vinkelsaad

• sout en varsgemaal­de swartpeper

• 6 pere, gehalveer en pitte uitgeskep met ’n teelepel

Verhit oond tot 160 °C. Plaas die uie, knoffel, salie, aftreksel, appelwyn en rum in ’n oondrooste­rbak. Haal varknek uit die tou-omhulsel wat die slagter om die rol geplaas het as daar een was en smeer mosterd oor vleis. Pak spekrepe bo-op. Bind varknek weer in netjiese rol met kombuistou sodat dit ook oor die spekrepe gaan. Plaas rol bo-op uie en knoffel in oondrooste­rbak. Sprinkel vinkelsaad oor en geur goed met sout en peper. Plaas toe in warm oond en bak vir 2 uur. Maak pan oop en voeg pere by. Oondbraai vir nog 30 minute of tot vleis gaar is. Hou die vloeistof in die pan goed dop – as dit te min raak, voeg nog aftreksel of appelwyn by. Stel die oondtemper­atuur hoër, tot 180 °C, en rooster sowat 15 minute tot die vet goudbruin is. Verwyder die varknek uit die oond en laat rus 10 minute. Plaas op dienbord en sit voor met pansous en pere.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa